Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 February 202313 February 2023

Louis Esterhuizen. Nuusdekking: Julie 2021

 

Nuusdekking: Julie 2021

En hulle gaan nie bly nie: hulle gaan mishoop word,

en óns almal saamsleep na die mishoop.

NP Van Wyk Louw

 

In KwaZulu-Natal se shopping centres

breek die wal, spoel die honger oor geteëlde vloere,

skarrel in alle rigtings, deur elke hoekie of kraak,

aas wat te ase is in ʼn geskal

van wanorde.

 

Die besem bly toegesluit agter verskuilde deure,

die slopemmer hang dronk aan hake van ʼn onbelang,

die insekdoders onwillig, afwesig selfs,

in hierdie aanmars van toe-

eiening –

 

TV-stelle, skottelgoedwassers, rekenaars, ketels,

hangmatte, sitkamerstelle, kombuisware, linne-

en beddegoed, horlosies, brand name tekkies, en

juweliersware, klere, fotografietoerusting, storm,

slop, gly en val

in gebreekte bottels kookolie

onderweg

 

na bakkies, karre, dakhoog gelaai, met trollies,

waentjies, taxi’s, busse en wat nog –

in alle windrigtings

spat hulle met hul winskoop

uiteen.

 

*

 

Toe brand hulle alles af: winkelsentrums, skole,

hospitale, fabrieke, pakskure – oraloor,

die werksplekke

waar niemand werk nie.

 

*

 

Langs die N3 tussen Durban en Jo’burg staan

brandend soos fakkels langs ʼn aanloopbaan die rye

karkasse van gestroopte goederewaens,

klippe is gegooi, skote geskiet, mense is dood,

maar die blokkades is dankievader

beman

 

vir wie ook al opdaag

in die uur anderkant voorsorg

en rede.

 

*

 

Toe daag die ambulanse op met hul jubilasie

flitsende ligte, toe word hulle besteel.

 

*

 

Toe kom die reën. Dongas spoel wyd en oop

tussen gemeenskappe, geboue sak ineen

op hul knieë in slyk en modder, mense vlug

in mekaar se arms in,

en word beroof terwyl hulle elders

doenig is.

 

*

 

Die president swyg, die polisiehoof kyk anderpad,

die ganse mensdom weet: dit is te laat,

die stad se hekke lê oop, daar is nie meer water

in die krane nie, die kragdrade

is gesteel,

 

riool dam op in slaggate wat eens ʼn pad was –

die hongerte het gekom

om te bly.

 

*

 

Toe is daar op al die TV-skerms landwyd ʼn man

met ʼn albatros op sy skouer, ʼn ander een

doop ʼn kat in petrol, steek die dier aan die brand,

swaai dit

bokant sy kop

 

en gooi die offerande na die groep verslaggewers,

die kameraman skrik, struikel, en almal sien

die grond, onteenseglik rooi

en gelate.

 

*

 

Toe dek die beriggewing die gebelgde salmander

uit op mediese parool – in sy vuurpoel,

met ʼn Harvey Wallbanger en sambreeltjie

 

in die hand, beduie hy na waar,

hoe grusaam, ʼn bebloede fluitjieblaser

vasgespyker

 

hang bokant die braaiplek, die prisonier grinnik,

daar’s jul kastige verlosser, wil hy sê,

maar toe skakel iemand by Eskom die ligte af.

 

En in die stikdonker,

of by kers- en lamplig, sit ons

en wonder

na watter grufilm ons pas gekyk het.

 

Die wat weet, sê nie, die wat sê,

die weet nie.

 

*

 

En toe is die krag weer daar,

net betyds vir môre se weervoorspelling.

Hulle wys die mooiweer

en warm

wat elders is.

 

*

 

En toe wapper die landsvlag nie meer nie.

 

© Louis Esterhuizen / Ongepubliseerde gedig, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Die sneeu, die ewige
Louis Esterhuizen. Wat die duif my vertel het →

1e kommentaar op “Louis Esterhuizen. Nuusdekking: Julie 2021”

  1. Bernard Odendaal says:
    12 February 2023 at 12:15

    Moeilik om sulke ontgogeling so te verwoord dat dit weer onthuts, dat die leser opnuut die verstomming beleef. Jy kry dit reg, Louis.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d