Hawelose met kombers
Vroegoggend val jou karligte op hom;
jy neem hom skaars bewustelik waar:
die man met sy grys komberstoga
en sy kop vol woestynbossies.
Hy wieg soos ‘n riet in die wind –
wat het jy uitgekom om te sien?
‘n Wandelende prediker? Profeet?
Nee, een wat van hierdie lewe
reeds alles weet.
©Marieta McGrath, 2022
Die skemer sak haar kop swaar in gebed;
Rustig roer die vaal gras onder winterkombers;
As ek val, wie sal my red?
Om te val, of sweep, of tuimel – wie sou ooit verwag?
Om te val in die nag, sonder omkeer onder verwronge gedrag?
Nee, my nee verdwerg onder my skreeu vir die man wat alles weet;
As hy maar net wou luister,
na my getuimel in die nag