Landskap
22°47’50’’S 18°15’09’’O
Laatmiddag, in die land van woestyn
en blinkhaargras en enkele doringboom,
word die son, soos ons, in die weste klein;
ons skadu’s reuse wat ooswaarts droom …
Ons spoel uit oor ‘n geel blinksaadsee,
ek en ons plaaswerf en ons stukkie bos
waarvoor ons mildelik grondwater gee,
en in my kom iets los:
Die wintervlieswolke swerm soos voëls
na my toe, na my toe, ek hoor die stil-
te aangeswiep kom ek voel in my sool
hoe ondergrondse are deur my brul –
is dit hoe ongekende vreugde voel,
so of volkome stilte deur my joel?
©Marieta McGrath, 2022
Foto: Marie Sellenrick
Jinne.
Dis pragtig.