mistig
dit word winter
tafelberg trek die duvet oor haar kop
woel haar dieper die wolkerigheid in
maar hier waar jy langs my lê
seil jy uit ons kokon
op twee sagte geitjiepote
benader jy my skalks
leun oor my en
plant hulle weerskante van
my lyf
reg bo my
jou ruisende oë
jou hare ‘n waterval
jou borste soos
swaar druppels
mag ek jou rivier wees
©Marieta McGrath, 2022