Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 June 202214 June 2022

Nuwe Bundel. Pirow Bekker: Rakelinks

Rakelinks

Pirow Bekker

 

 

Pirow Bekker se tiende digbundel word gekenmerk deur beweging, stuwing en vaart, gedra deur allerlei voertuie: van skamelkar en stoomtrein tot hommeltuig en vuurpyl. Wanneer daar stilstand kom, stu die woord verder in odes, gestalteverse en monoloë. Deur alles loop aanrakings, mild van die liefde; of wreed waar die sang versteur word. Soms word die aangeraaktes links gelaat in die magtige bewegings van planeet en uitspansel, van kernreaktor en vulkaan.

Die wêreld is vir die digter steeds ’n speurtoneel waar hy met sy loep die kosmiese en die aardse, die mitologie en die werklikhede van die verlede en die hede kan ondersoek. Die digter in Bekker is nog lank nie dood nie – hy wil soos Homeros weer die muse aanroep en gereedmaak  “om in te skeep/ en rakelings langs ’n blinde kus te vaar”.

 

Oor die outeur

Pirow Bekker, ’n gebore Vrystater, se lewe is so gevarieerd soos sy skryfwerk. Hy het sy loopbaan as koerantman begin, was onderwyser, dosent in Afrikaans en later hoof van die Dokumentasiesentra by die RGN. Op een stadium het hy ’n klein plasie in die Vredefortkoepel as uitvlugplek uit die stad gehad. Hierdie vol en ryk lewe vind neerslag in sy skryfwerk, waaraan hy hom ná sy aftrede in 1979 voltyds gewy het. Op 82 is hy steeds produktief en bly sy dramas, verhale en digkuns verrassend en vernuftig.

 

 

[Imprimatur 2022. Prys: R200.00. Formaat: Sagteband. SKU: 9780620982993]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Rakelinks” (Pirow Bekker)
Nuwe Bundel. Franco Colin: Skeletaal →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d