Met watter ryme gaan jy haar omskryf
die kwatryn se borsrok is veels te styf
sy ontlok veel meer as net vier reëls
sy, wat ’n ganse literatuur aandryf
*
Die Slapende Skoonheid rus agteroor
teen ’n kussing op die Langeberg
geëts op die luglyn waar sy terg:
Op die blou berg fluister ek in jou oor
© Anton Dockel, 2022
