Laslappies
I.
Kispak
Ek lê in die hospitaal
die dokters gaan my lap
my pak klere
gaan langer leef as ek –
die’s klaar ’n lyf van lap
II
Skaduwee
Daar was nog altyd ’n skaduwee
wat aan my enkels sleep
en my eindelik sal inhaal
my hakskene los
en agter ’n grafsteen staanplek kry
III
Charon en die Styx
Daar was net ’n droë rivier
tussen dorp en kerkhof
jy kon droogvoets deurstap
sonder goue munt
om ’n bootsman te betaal
© Anton Dockel, 2022
