Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 September 202213 September 2022

Franco Colin. Virgin Active

 

Virgin Active

 

Die lyflike boetsering van grofsmedery, swaardgevegte

en padkonstruksie is hier opgedateer tot ʼn nagebootste

ambag of geveg. ‘n Draaideur  ̶  nes ‘n vleismeul  ̶  roteer

voorstedelinge na binne die argitektoniese vertoonkas:

 

In die portaal glimmer ʼn swembad met drywende merkers,

watervlak in bane geklief: Kompetisie is eksplisiet. Werkers

pak koelkaste met fopvrug-vitamiendrankies, bestry

hiermee ‘n alomsigbare risiko van sweet. Trappe lei

 

na ‘n verhewe vlak waar gimapparate hurk soos prehistoriese

metaalfolteraars, elkeen met ʼn unieke pynigingsvernuf;

geensins afgeskrik paradeer aspirantmodelle, ʼn hipertrofiese hun,

blasende besigheidsmanne en sekretaresses in kondoomdun

 

kleefbroeke met spuitfonteinponiesterte en verslankingskure

in tuitbottels tussen die martelrakke. Spieëls flits knoetse,

kurwes en knoppe na begerige blikke:  Narsissus se vertikale poele

beeldsend verleiding skamel deur Spandex® verbloem.

 

Die paar oorlewendes strompel na saunas

dampend met swael en stoom:  Sondes

word verteer teen broodbaktemperatuur

in dié (ont)kleedrepetisies vir ʼn latere vuur:

 

Die nuwe siel is immers spiér.

 

© Franco Colin, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Franco Colin. Stephen Hawking
Franco Colin. Virgin Active 2: Narcissus muscularis →

1e kommentaar op “Franco Colin. Virgin Active”

  1. Zandra Bezuidenhout says:
    12 September 2022 at 18:18

    Goed gedoen, Franco, en prikkelend.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d