Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 September 202229 September 2022

Nuwe Bundel. Hennie van Coller: Helaas

Helaas

Hennie van Coller

Omslag

 

Helaas is ’n bundel wat ondermeer staan in die teken van die toenemende ouderdom en naderende dood.

Die bundel bevat talle intertekstuele heenwysings na veral Nederlandse digters en hul werk. Die tweede helfte van die bundel bestaan uit vertalings uit die Middelnederlandse letterkunde en bekende, klassieke gedigte.

Dit bevat ook heelwat humoristiese en satiriese eie gedigte en liefdesverse.

In hierdie bundel word daar op intellektuele wyse ’n groot verskeidenheid onderwerpe hanteer en interessant genoeg sluit dit juis ook emosionele sake in. Die digter besin oor sy herkoms en sy toekoms, sy huis, sy lewe in sy gesin, maar ook oor ander digters en skrywers, oor sensitiewe en intellektuele kwessies.

Die gestrooptheid en direktheid van die verse spreek die leser aan… daar is veel in die bundel wat meevoerend en ontroerend is.

 

Oor die outeur

H.P. (Hennie) van Coller is uitstaande professor (emeritus) aan die Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein en buitengewone professor aan die NWU. Hy is die skrywer van talle publikasies ondermeer die literatuurgeskiedenisse Perspektief en profiel. ’n Literatuur-geskiedenis (2016), Verbintenis en venster. Die Nederlandstalige letterkunde van aanvang tot hede. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis (2019) en ’n boek saam met dr. Joanita Erasmus-Alt, Blitsverkopers,beeldvorming en bemarking (2021). Hy publiseer meedere vertalings uit Nederlands, ’n bundel rubrieke en ’n bundel gedigte. Hy ontvang onder andere die Gustav Prellerprys vir literatuurwetenskap, die D.F. Malanprys, die N.P. van Wyk Louw-medalje en die Jan H. Maraisprys vir uitsonderlike bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal.

 

[Naledi, 2022. Formaat: SAGTEBAND R 240.00, 213 x 137 mm. Bladsye: 80+. ISBN: 978-1-77617-237-5]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Melanie Grobler: Huis van tyd
Nuwe Bundel. I Wish I’d Said… Vol. 5 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d