Huis van tyd
Melanie Grobler
In Huis van tyd, Melanie Grobler se vierde digbundel, treur sy oor die verlies van geliefdes, tree sy in gesprek met digters en ander kunstenaars en besin sy oor reiservarings in Suid-Afrika en die buiteland.
Oor die outeur
Melanie Grobler is in Warmbad (Bela Bela) gebore en het in Rustenburg, Transvaal groot geword.
Sy het aan die Universiteit van Pretoria studeer: BA in Sielkunde en Filosofie, daarna ’n Magister Artium (cum Laude) in 1992: Kalligrafie op Geografie. ’n Konseptualisering van die skilderkuns van Nico Roos: Historiese en Kontemporêr. Sy voltooi daarna ’n doktoraal in Kunsgeskiedenis: Against fixity: a hybrid reading of Breyten Breytenbach’s art, poetry, writing, aesthetics and philisophy.
Tussen 1992 en 2000 is kortverhale in ses versamelings, en digkuns in sewe versamelings gepubliseer. Digbundels uit haar pen sluit o.a. in Tye en Swye in die lewe van Hester H. (1991), Die Waterbreker (2003), en Deur Ruite van die Reis. (2013).
[Imprimatur 2022. Prys: R180. 108 Bladsye]