Walker Bay
ek loop vanaand
oor google earth
soos ‘n kind op ‘n leë drom
ek rek die oë van my vingers
wyd oor die bol
sien huisies bossies alom
dan loop ek stadig af in ‘n paadjie
tot onder by die see
waar die branders bo-oor my kom
© Margaret Cordier, 2022
