Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 October 202231 October 2022

Hendrik J Botha. Kobus Lombard word 70

 

 

 

Kobus Lombard    – 28 Oktober 1952

 

In hierdie mooiste mooiste maand met die hele land in rep en roer oor die sewentigste verjaarsdag van een van die grootste kontemporêre digters in Afrikaans, het my groot vriend en bose bondgenoot, Kobus Lombard van Namibië, ook stil-stil sewentig geword; sonder fanfare of opspraak, tiperend van hoe alles in sy lewe gebeur.

Hoewel hy nooit in die kollig beweeg het, of waarskynlik sal beweeg nie, het hy myns insiens tot dusver reeds ‘n betekenisvolle bydrae tot die Afrikaanse Poësie gelewer met vyf bundels agter sy naam en waarskynlik ‘n sesde iewers volgende jaar. Dit maak hom die mees gepubliseerde digter in Afrikaans wat tans woon in Namibië. (Ek weet Daniel Hugo het ook wortels in Namibië, maar hy woon op die oomblik na my beste wete iewers in die Willekaap.)

Ek wens dus namens myself, en ek glo namens die almal wat Afrikaanse poësie waardeer hierônner, vir Kobus geluk met sy verjaarsdag en wens hom alles wat goed en gaaf is toe. Vergun my asseblief ‘n gedig vir hom.

 

Gegroet,

 

Hendrik J Botha.

 

Steeds soekend na ‘n ma

Vir Kobus Lombard     – 28/10/1952

 

Byna sewe dekades sedert

skoorvoetend op die stoep

van Huis Maria Klopper

jy met die hand uitgesoek,

uitgekeer én opgelaai is om op

‘n plaas by Gobabis

soos ‘n hanslam groot te maak,

vir ‘n ander lewe

in vyf bundels

uitgespeel:

 

my woorde spring

van klip tot klip

na oewers

anderkant die stroom

soms trap ek water

soms stap ek droogvoets oor…

 

Tog verlang jy steeds saans

na ‘n koel hand op jou voorkop,

vind jy deesdae immer nog

vertroosting by haar

in opgemaakte onthoue:

 

versreëls beelde en sillabes nou

netjies metries ingepak

soos broodjies

in ‘n kosblik.

 

HJB 10/2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hendrik J. Botha. Ter wille van die gode
(23) Hendrik J Botha →

2e gedagtes oor “Hendrik J Botha. Kobus Lombard word 70”

  1. JOHAN COETZEE says:
    28 October 2022 at 15:20

    Hartlike gelukwensinge Kobus! Ek stem met Hendrik saam.
    Ook ‘n pragtige geskenkgedig hierdie Hendrik!

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    28 October 2022 at 11:01

    Hartlik geluk! Joan

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d