Heildronk op die nuwejaar
en by nabaat op die oujaar
In lig wat deur ‘n glas sjampanje skyn
beur borrels na die oppervlak,
verskietende sterre, nou omgekeer
soos dit kies om swaartekrag só te ignoreer.
Elke opdraend of bult word uiteindelik
met meer of minder moeite oorwin,
kyk ons uit vir die verraderlike krans
in elke berg of piek verskuil,
die bliksemstraal net voor die reën
of die fratsgolf uit ‘n kalm see:
die lewe immers op ‘n ragfyn draad
gesuspendeer.
Kom klink ‘n glasie, dans ‘n wals,
wie weet wanneer ons aanmeld
om ‘n doodskleed aan te pas.
© HJB 12/2022

Vond net de bundel Antropos in een tweedehands-boekhandel on Amsterdam. Erg bijzonder voor ons Nederlanders om deze poëzie te lezen!
Atropos, niet Antropos ..