Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 December 202210 January 2023

Nuwe Bundel. Jan Swanepoel: Die belewenisse van ‘n latinis

 

post scriptum

Jan Swanepoel

 

my lief, jy wat die naaste is

aan my, laat my tog in my skemer

ten slotte dit bely: sonder jou aanraking

bly liefhê grieks vir my.

 

Met ’n klassieke beheersing skryf Jan Swanepoel in die toonaard van Catullus elegieë oor geliefdes en die land wat hy haat én liefhet. In hierdie versameling beleë verse versoen hy diepte van emosie met helderheid van segging. 

 

Oor die outeur

Jan Swanepoel is in 1951 in Pretoria gebore waar hy ook sy skooljare deurbring. Hy studeer aan die PU vir CHO, waar hy sy meestersgraad oor die poësie van Vergilius en sy doktorsgraad oor dié van Catullus verwerf. Hy is vir vyftig jaar aan hierdie universiteit (wat later as die NWU bekend staan) verbonde, eers as student, later as dosent in Latyn en in Regsfilosofie en nog later as dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte. In 2021 verlaat hy Potchefstroom en vestig hom in Wildernis in die Suid-Kaap. Hy debuteer in 1975 as digter met My Rome brand so mooi. Hierna volg Wat ver is en naby (1980) en By wyse van skrywe (1988).

 

[Turksvy Publikasies 2022. Prys: R250.00. Bladsye: 95. ISBN: 978-0-6397-4513-8]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Antjie Krog: Plunder
Nuwe Bundel. Helena Ewert: grondstof →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d