Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 January 2023

Neil Cochrane. Pas de deux

 

Pas de deux

 

vir Roelf

 

Al besit ek Starbucks

op alle lughawens en winkelsentrums

bruis alle riviere met warm sjokolade

en ravyne vul op met miljoenêrspasta

sal jy my nooit weer vergesel

en proe jou gunstelinge na niks.

 

Al slaap ek elke nag

met nog ʼn man of tien tegelyk,

stort liters ilang-ilang-olie van planeetwye

Body Shops oor die menigte uit,

maar jy haal nie asem langs my

en kan ek jou nie aanraak

laat dit my koud

ʼn stuk pynende vlees

sonder enige liefde.

 

Al bly Bach se korale oor en oor speel

en draai ek die volumeknop morsaf

skree encores vir Malek se“Two men in love”

val dit op dowe ore

al staan ek toejuigend en pointe

tot my tone bloei

sal gays steeds sterf in nagklubs

van smeulende geweld

al prewel ek Psalm 16 soos ʼn heilige

hoog op iets

sal jy nie weer

my op jou lippe neem

of aan my skuilplek bied.

 

Maar nou

is ek klaar met die dinge van ’n kankerpasiënt.

kyk nie meer vas in bottels morfien,

pynplakkers en stomasakkies

soek nie meer na doeke op uitverkoping.

 

Uiteindelik het ek

geloof, hoop en liefde gesien

soos dit werklik is.

en ken ek ten volle

die grootste van almal:

 

metastatiese verlies.

 

© Neil Cochrane, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Neil Cochrane. Ingrid gemedikeer
Neil Cochrane. Anne Boyer vaar uit →

3e gedagtes oor “Neil Cochrane. Pas de deux”

  1. Cocka..iel says:
    8 February 2023 at 13:10

    Ai, so verwronge

    Reply
  2. Rudi MR Venter says:
    24 January 2023 at 11:27

    Genade Liewe Neil!
    Hierdie gedig sny diep,
    laat my hart vinniger klop,
    my oë opwel met trane,
    en skakel die skakelaar van gedeelde ervaring aan.
    Dankie!, dat jy dapper én met siel, dit so met lesers deel.
    Ek onthou veral Keerboomstrand, 2009… daarna het die koers van ons lewens verander)
    Liefdegroete, jou vriend Rudi

    Reply
  3. Jacobus Swart says:
    21 January 2023 at 07:00

    Hierdie vers laat die leser stom en verslae.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d