Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 February 2023

Neil Cochrane. Anne Boyer vaar uit

 

Anne Boyer vaar uit

In my case, however, cancer messed with the right bitch.

 

Skrik wakker, gefolterde vrou

kreefgewas en chemodrup waarborg

geen gelyke susterskap

net jou witgekalkte lyf

en die rooiduiwel se kotsende hel.

 

Ruk jou Your Oncology Journey

aan flarde en strooi dit soos konfetti

oor die uitskopstoele van die kankerpawiljoen

en die witjasse

so bedrewe in die verkoop van hoop.

 

Trek ’n streep deur die skitterglimlagte

op glansblaaie en versnipper obsessies

oor regte houdings en kolomme vol

snert oor selfbestuur:

positief wees is sterk wees is gesond wees…

 

Skeur elke donnerse strikkie

in die mooiste, mooiste maand

van bewusmakingshempies af

en stuur die spul summier terug

na die pienk kliek van die oorlewendes.

 

Spuitverf dan “fase 4 trippel-negatief”

teen die buitemure van die skaars lewendes

en die byna dooies in private rou

sonder die kabaal

van oorwinning.

 

© Neil Cochrane, 2023

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Neil Cochrane. Pas de deux
Neil Cochrane. Riemtelegram →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Doeblet
  • Marthé McLoud. Geskil
  • Dylan Allen. 1984
  • PEN Afrikaans. Nuusbrief: September 2026
  • Nuwe Bundel. Chestlyn Draghoender: OM TE LET GO

Nuutste kommentaar

  1. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  2. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  3. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  4. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  5. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d