Ekspressiewe Afasie
As die normale vloei van woorde
wanneer gesprekke gevoer word,
plotseling briekaandraai,
iewers in die lug verstar
omdat die logiese volgorde
in woordvorming ontbreek
en nie uitgespreek kan word nie,
begin ander persone rondom
met ingehoue asem wag,
ontbrekende woorde raai
en ongekende frustasies
wedersyds veroorsaak
sodat moedeloosheid opvlam
want dit wat in die gedagtes lê
bly in wese ongesê.
© Elna Kruger 2023