Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 February 2023

Johann Lodewyk Marais. Leroux op Onrus

 

LEROUX OP ONRUS

1989

 

Januarie het ek, John en Marcel

ná ’n reis deur die Vrystaat en Karoo

op Onrus – “die olifantbegraafplaas

van die Afrikaanse letterkunde” –

besoek gebring aan Etienne Leroux,

of Stephen, soos vriende hom kon noem.

In die sitkamer van die wit strandhuis

wag ons by Elizabeth, sy vrou, tot hy

ná sy middagrus die houttrap opkom:

stadig soos ’n ou man beweeg, kug,

met die handsak van Mykonos by hom,

hand gee en in die leuningstoel gaan sit –

in swart geklee, verskuil agter sy bril.

Ons sit en gesels tot die son gloeiend

oor strandhuise, melkhoute en die see

sak. Voor die skyf die see raak, leun hy

ver oor die balkon se reling, kyk

of hy die flits kan sien wanneer die son

se laaste punt in die see verdwyn;

die flits wat hy al drié keer gesien het,

maar nie elke Jan Rabie en sy maat

sien nie, al kyk hulle ook hóé getrou.

Laataand gesels hy voort oor die jonges

en die Gilde. Stephen is sensuurdol,

’n man van min woorde, byna duister.

Toe ek gaan lê, is Marcel in droomland

weg van sy Vlaanderland, sy platteland.

Die volgende oggend kiek ek Stephen

sekuur met my Minolta XD7

voor “Onse Hymie”: eers drie maal alleen,

dan met John en Marcel, en al drie saam.

By Jan kiek ek verder: hy en Marjorie,

vir Stephen met die groep, as hy ook kom

van onder die olyfboom, waar hy stil

en kolossaal alles gadeslaan.

 

’n Week later verskyn in Bellville

’n film deurskynend uit die ontwikkelaar.

Daar is dus geen fotografiese rekord

van die João van die roman nie.

Dit kan ek net swart op wit opskryf.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Kompetisiewenners
Johann Lodewyk Marais. Karel Prinsloo se “In pas” vier sy 80ste verjaardag →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d