Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 February 2023

Anton Dockel. Hospitaal

 

Hospitaal

 

ek het verlep ingestap

met ’n klaaglied

wat kortgeknip

teruggedruk is

in my klein tassie

nagklere skeergoed tandeborsel

Colgate en pantoffels

 

met ’n stram dik roman onderin

ek kon nog nooit vêrder as bladsy tien

miskien stel dit my komende pyn in perspektief

 

Ontvangs kyk my uit

ek kan nog loop

ek kan nog betaal

en voer my vir die ratte van hulle meul

 

Ek moet baie vorms invul,

My naam boaan

my naam in die middel

my naam is onderaan

teken ek oor en oor

 

voorraad handtekeninge amper uitgeput

krabbel ek onleesbaar soos ’n dokter

 

kan ’n onvaste hand waag

om aan ’n mens sny?

ek weet

die fynskrif sal hulle dek

infeksies, ’n skalpel wat glip

ek het klaar geteken

meer op onwis as wis

 

Die hospitaal se slaghuis

het my in papier toegedraai

en afgelewer by ’n wagkamer

 

sedert laas, vir mangels, het hulle

‘n kritiese evaluasie ondergaan

hulle beeld laat poets

dis nou “Mediese Sorg”

nou word ek nie meer

deur bewaarders in stysel ontvang

maar staan nóg voor grotte

stalagmiete en stalaktiete

agter die glimlaggende lippe

word ’n operasie op my bankrekening beplan

 

© Anton Dockel, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anton Dockel. Antie Bella
Anton Döckel. Kortsluiting →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d