Die Psigiater
Sy kom van die psigiater af.
Ek vra haar: “Wat sê hy?”
“Hy het pille voorgeskryf.”
“Is dit al?”
“Ja. Dít is al.”
Ek is kwaad.
“Gee die psigiater dan nie raad?”
Nog steeds sit ek met die kwaad,
wat die psigiater moet regmaak.
Haar toestand raak net erger.
Sy raak stiller.
Is dit die pille wat dit vererger?
Sy raak killer.
Vir my raak dit ‘n riller.
Weer vra ek haar.
Wat doen die psigiater met haar?
“‘n Psigiater skryf net pille voor.”
Ek voel of ek kan moor.
Die rekening raak meer.
Sy sê: “Ek kan dit nie keer.”
Ek vra haar: “Kan jy nie iets anders probeer?”
Sy skud haar kop heen en weer,
en sy wys my die deur.
© Emile Moelich