Koos Viljoen
Koos Viljoen
is ‘n boer miljoen.
Hy versoen
grond en seisoen
soos ‘n groen kampioen.
Koos het ‘n brug gebou
oor die rivier se nou
sodat vragte kan klou
waarmee hy sy plaas wil bou.
Koos boer met lemoen,
sampioen, waatlemoen en pampoen,
als in die regte seisoen.
Koos se vingers is groen.
Só verdien hy ‘n miljoen.
© Emile Moelich, 2023.