Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 February 2023

Friedrich Meyer & Fritz Rotter. Liedvertaling in Afrikaans

 

’n Gewilde Duitse luisterlied uit die twintigste eeu

 

Duitsland was in 1945, aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog, nie net fisies en ekonomies verpletter nie. Ook polities en moreel was die Duitsers platgeslaan.

Hulle land was in vier verdeel. Elke deel was onder beheer van ’n ander lid van die Geallieerde Lande wat die Derde Ryk van Adolf Hitler help verslaan het.

Binne vier jaar is hierdie vierdeling vereenvoudig tot ’n gebied met ’n kapitalisties-demokratiese bedeling aan die een kant, en ’n gebied onder sosialisties-kommunistiese beheer aan die ander. Die Bundesrepublik Deutschland het gestaan teenoor die Deutsche Demokratische Republik. Anders gestel: Daar was ’n Wes-Duitsland en daar was ’n Oos-Duitsland.

Berlyn, wat geografies binne Oos-Duitsland geleë was, was eweneens in twee geskeur: Wes-Berlyn, Oos-Berlyn.

G’n wonder dat Duitsers gevoel het dat die werklikheid eintlik te verskriklik was om in die gesig te staar nie – dat dit beter is om in illusies en drome weg te vlug. “Illusionen” (Duits vir “illusies”, oftewel “hersenskimme”) is ’n lied geskryf deur Friedrich Meyer en Fritz Rotter. Dit is in 1952 op plaat vasgelê deur Hildegard Knef. Hoewel as liefdeslied benut in die film Illusion in Moll (ook uit 1952), druk dit iets van die destyds heersende ontvlugtingsdrang, maar ook wanhoopgevoelens, treffend uit – in strakke eenvoud en met herhalings wat aandoen asof hulle (self-)oorredend wil wees. Die weergawe hier vertaal, is korter as die oorspronklike liedteks; dit kom egter ooreen met die een wat deur Knef op plaat vasgelê is.

Tussen hakies: Hennie Aucamp (in Woorde wat wond. Geleentheidstukke oor randkultuur, Tafelberg, 1984: 9; en in Koffer in Berlyn. Essays oor kabaret, Protea Boekhuis, 2013: 232) wys uit dat Knef self die skepper van voortreflike liedtekste was. Hy meld ook (2013: 119–120) dat sy ’n tiener was toe die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het; haar opleiding as aktrise en sangeres het soms letterlik in bomskuilings plaasgevind. “Sy moes later vir haar ’n Berlyn uit fragmente opbou,” sluit hy af.

 

Illusionen

 

Deine Augen folgen mir

Irgend etwas denkst du dir

Sind es Wünsche? Ist es mehr?

Was auch immer in dir vorgeht, freut mich sehr

 

Illusionen

Illusionen

Sind das schönste auf der Welt

Illusionen

Illusionen

Sie sind das was uns am Leben hält

Illusionen

Sich belohnen

Ohne Zweck und ohne Sinn

Nur nicht denken

Sich verschenken

Denn wer weiß, wer weiß wo ich schon morgen bin

 

Illusionen

Illusionen

Sind das schönste auf der Welt

Illusionen

Illusionen

Sie sind das was uns am Leben hält

Illusionen

Sich belohnen

Ohne Zweck und ohne Sinn

Nur nicht denken

Sich verschenken

Denn wer weiß, wer weiß wo ich schon morgen bin

 

Nur nicht denken

Sich verschenken

Denn wer weiß, wer weiß wo ich schon morgen bin

 

  • Teks en musiek: Friedrich Meyer & Fritz Rotter (oorspronklik op 78rpm-plaat vasgelê, soos vertolk deur Hildegard Knef in die film Illusion in Moll, 1952; daardie opname kan by, onder andere, die volgende internetskakel beluister word: https://www.youtube.com/watch?v=IqJqpGWJKAI).

 

 

***

 

Hersenskimme

 

Jou twee oë bly op my

Dis of jy gedagtes kry

Wens jy sommer? Flikflooi jy?

Wat daar ook al in jou omgaan, maak my bly

 

Hersenskimme

Hersenskimme

Laat iets moois uit dít als blom

Hersenskimme

Hersenskimme

Wil selfs lewensdrif op dreef laat kom

Hersenskimland

Jou-self-vind-land

Sonder “lot” en sonder “sin”

Net nie dink nie

Twee maal dink nie

Want wie weet waar ek my môre gaan bevind

 

Hersenskimme

Hersenskimme

Laat iets moois van alles kom

Hersenskimme

Hersenskimme

Wil ’n lewensdrif op dreef laat kom

Hersenskimland

Jou-self-vind-land

Sonder “lot” en sonder “sin”

Net nie dink nie

Twee maal dink nie

Want wie weet waar ek my môre gaan bevind

 

Nee, nie dink nie

Jou bedink nie

Want wie weet waar ons ons môre gaan bevind

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Gottfried Benn. Vertaling in Afrikaans
Hertha Koch en Phillipe-Gérard. Liedvertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d