Old Spice
(en Aromatics Elixir)
Jy ruik lankal nie meer
na mens nie
(newwermaaind ’n nartjie of anys).
Jou daaglikse ablusies vereis
’n verstommende getal chemichaliё
welriekend gespuit in jou naeltjie,
of gepeper in al jou holtes
en geheime kamers.
En daar is ietsie met meer as ’n sweempie
kruie agter jou oor gesmeer.
Maar die hartjie wat nie met roosmaryn
rein gewas kan word nie
sal eendag bederf en stink
die asem sal knoffelrig uitroggel
jy sal belangstelling verloor in jou suiwering
met basielie en kruisement.
Binnekort sal die besoedeling
van jou persoonlike higiёne
baie duidelik opgedis word vir die
gene rondom jou.
© Rosa Keet, 2023