Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 March 202328 February 2023

Digtersprofiel. Pieter Hugo

Pieter Hugo is op 7 Junie 1960 gebore in die NG pastorie op Greyton as die 5de kind (in 5 jaar) van George en Marieta Hugo. Sy pa was predikant op Greyton en kort na sy geboorte is ’n twaalf jaar oue dogter in pleegsorg geneem. Saam met sy twee laatlamsussies was hulle uiteindelik ’n gesin van 8 kinders.

Toe hy twee jaar oud was, het hulle Windhoek toe verhuis, waar hy sy skoolloopbaan aan die Laerskool Dr Van Rhyn en Hoërskool Jan Möhr voltooi het.

Na diensplig studeer Pieter BA aan die US, met Sielkunde en Sosiologie as hoofvakke en behaal daarna ook die Hoër Onderwys Diploma.

Hy word onderwyser in Malawi, waar beide sy kinders gebore word. Daarna word hy gemeenskapsontwikkelaar in Bonnievale en Worcester en werk in verskeie hoedanighede by die Werda beetfabriek in Bonnievale in sy ontstaansjare. Terwyl hy in sy mid-dertigs sy biblioteekgraad deur UNISA doen, doen hy ook kanotoere op die Breërivier.

Sedert 1997 werk Pieter vir die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens, eers vir 11 jaar in Beaufort-Wes en daarna in Kaapstad.

Hugo debuteer in 2010 in Nuwe Stemme 4. Van sy gedigte verskyn ook o.a. in New Contrast, Nuwe verset, Toulopers, Sterkykers en as strokiesgedigte in Rapport. Sy debuutbundel, Alchemie van my muse, word in 2019 deur Naledi uitgegee.

Op die vraag waarom hy eers op 59 gedebuteer het, antwoord Pieter as volg: “Ek het op hoërskool al begin gedigte skryf, maar daar was lang droogteperiodes tussenin. As die lewe te intens of te vervelig raak, droog my ink soms op. Gedigte skryf is vir my ’n stokperdjie. Dit is besonder bevredigend om met ’n idee te begin en geleidelik, met skuur en skaaf en verander en uitsny, te sien hoe die idee in ’n gedig verander. Partykeer, na lang gesukkel, herskryf ek ’n gedig in ’n heel ander styl en dan werk dit skielik, maar baie idees land natuurlik ongerymd in die snippermandjie.”

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d