Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 March 2023

Anton  Döckel. Sjamaan

 

Sjamaan

 

Die wittes het onder vuilwit seile gekom

soos die duine wat land-in wil stoot

met ’n sieketrooster aan boord

en sy werk, so het ons gesien

was opsê en roep uit ’n boek

hande tesame soos die bedrieër

Kaggen – die bidsprinkaan –

ons roep ander manier ons geeste

 

Die sieketrooster kom loer af

hoe leef hul wat in die bosjes bly

 

Volmaan kom sing sing-sing

pronk met eland se horings

klap hande, jubel die maan is vol

daar kom ’n tyd van volop kos

 

Op die vuur staan die vlam

takkies knetter heelnag deur

maak kole rook en as

nes die wat Son se dogter Uil

van kwaadgeit in die lug gegooi het

wat toe as sterre en Melkweg

daar bo gebly vassit het.

 

Dans en sing skuifelpas

in die rondte om en om

gooi kooigoed op die vuur

die vrouens sing een manier

aanmekaar

 

Die sjamane kry die gevoelente

die geeste in die omte kom kyk:

die wat in die lug bly,

die wat uit gods grond kom

van oralster uit almal se veld

waar die naelstringe begrawe is

die geeste gly by die neusgate in

koppe lig hoog, bene rek lank

die eland groei groter

nes die maan weer boepens gemaak het

na Son met pyle stukkies weggeskiet het

tot net ’n rugstringetjie oorgebly het

 

Hulle voete laat los die grond

hulle kan nou swewe soos rook

dink ander voete ander bene aan

as die wat skuifeltrap in die stof

 

As die helende kragte in hulle is

lê hulle hand op die wat seer het

en trek hulle siektes uit

blaas dit duisternis toe.

 

As almal gesond gemaak is

Val hulle lywe slap grond toe

die ander kom tel hulle regop

vryf dooie kole in hulle hare

dat hulle van die ander kant terugkom

en ikone gaan verf teen die bakkranse:

die visioene van die swymeldans

 

© Anton  Döckel, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anton Döckel. Kortsluiting
Anton Döckel. Letterdief →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d