Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 April 2023

Anton Döckel. Letterdief

 

Letterdief

D.P.M. Botes

Tomas Tranströmer

Genesis 3:8-10

Böhme (F.M.), Deutsches Kinderlied und Kinderspiel.

 

Die lig stuur klein grys hologramme,

reëndruppels van die buitewêreld

teen die ysglas

skemer vee dit dood.

Hy het sy pen neergesit

 

Buite speel die kinders wegkruipertjie

jillend blok jou en blok myself

twee raak weg in die ruigtes

om die boom in die middel van die tuin

“Waar is julle?”

hulle bly stil lê

want hulle was nakend en skaam

mis hulle beurt vir die uittelrympie

 

My pa het ‘n huis.

In die huis is ‘n kamer

In die kamer is ‘n kas

In die kas is ‘n laai,

In die laai is ‘n brief,

In die brief staan geskrywe:

Jan Kolonie letterdief.

 

© Anton Döckel, 2023

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anton  Döckel. Sjamaan
Anton Döckel. Mediese verslag →

6e gedagtes oor “Anton Döckel. Letterdief”

  1. Anton Döckel says:
    6 April 2023 at 21:41

    Die titel Letterdief kan veelduidig gelees word. Botes is die bekendste voorbeeld van moontlike plagiaat/letterdiewery. As jy DPM Botes lees, dink jy dadelik daaraan. Dit is soos dit is. Dus word hy letterlik betrek. Let op dat Botes se gedig Lament en ook Tranströmer se Lamento nie in die bron by die naam genoem word nie. Al koppeling is dus deur Plagiaat van Botes na Tranströmer na my eerste strofe.
    As ‘n digter uit ander se werk leen of daardeur beïnvloed word, kan hy dit erken: Haai ek leen dit by jou. Ek het dit geleen is in streekstaal ‘n eufemisme vir gesteel, net soos steel in die plek van leen gebruik word. Haai ek steel dit by jou, gee jy om? Steel is diefstal. Letterdief kan dus ook Letterlener wees.

    Die brief se boodskap is aan die digter gerig, hy lees dit tog? Van die huis na die kamer na die kas, ens. Soos ‘n speurtog. Om uit te vind dat dit geleen is en by wie dalk?
    Dus het ons in die gedig verwysings na plagiaat, navolging, oorskryf met erkenning van bron (Genesis) en ten slotte die gebruik van ‘n rympie of allemansgoed en die verstelling daaraan om dit my eie te probeer maak.

    Reply
  2. Mellet Moll says:
    6 April 2023 at 12:32

    Daar is ‘n groot verskil tussen letterdiefstal en intertekstualiteit.

    Aldus die WAT is ‘n letterdief: ” ‘n Skrywer wat ander se werk oorskryf sonder vermelding van sy bron; plagiaris; plagiator”. Dit kom neer op ‘n oortreding van kopieregwetgewing en intellektuele eiendomsreg. Boeke wat hiervan verdink word, word gewoonlik verpulp en akademici of studente wat hulle hieraan skuldig maak is byvoorbeeld onderworpe aan dissiplinêre optrede.

    Digters skryf binne ‘n bepaalde literêre tradisie. Binne daardie tradisie tree digters soms in gesprek met ander digters of skrywers. Epigone; intertekstualiteit; parodie; en pastiche is alles deel van die literêre spel en is hoegenaamd nie letterdiefstal nie.

    As die woord “letterdief” dan soos aangevoer figuurlik gebruik is, wonder ‘n mens waarom Botes enigsins in die gedig betrek is.

    Reply
  3. Anton Döckel says:
    5 April 2023 at 22:40

    Ons is almal letterdiewe. Skrywes is produkte van die invloede op die skrywer, sommige ervaar, sommige waargeneem, baie gelees.
    Hierdie invloede kan in die vorm van plagiaat of semi-plagiaat, navolging of intertekstualiteit aangewend word.
    Volg die verwysings, daar is vier. Botes se rol is maar gering

    Wie op aarde dink dat ‘n digter so eenvoudig sal wees om te kraai oor Botes se vermeende plagiaat, asof jy dit nou pas ontdek het en dit vir die wereld wil vertel

    Reply
  4. Mellet Moll says:
    5 April 2023 at 11:20

    Die relevansie van bostaande gedig in die moderne verwagtingshorison gaan my verby.

    Ek verstaan die interteks met Tranströmer se gedig “Lament”.

    Maar om ‘n seer wond in die Afrikaanse literêre geskiedenis te gaan opgrawe en reeds in die gedigtitel ‘n duidelike vooroordeel uit te spreek herinner aan aasvoëls wat na meer as 50 jaar ‘n karkas ontdek en nou daarop toesak.

    Het die digter die moeite gedoen om die polemiek rondom Botes se “Klein grys telegramme van die wêreld” te lees? Dit was in Standpunte, XXII: 5, Junie 1969 en Standpunte, XXII: 6, Augustus 1969. Kannemeyer doen ook kripties daaroor verslag in die “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur”.

    Ek verstaan nie wat genietlik aan die gedig is nie, tensy dit Schadenfreude is.

    Reply
  5. Jacques Boshoff says:
    4 April 2023 at 18:25

    Ek het die gedig geniet – dit het ‘n interessante invalshoek en ek het nie die idee gekry dat die digter homself verlustig in die polemiek rondom die bewering van plagiaat teen Botes nie. Botes het per slot van sake nooit die bewering van plagiaat ontken nie – hy is dus nie bo kritiek verhewe nie. Welgedaan, Anton!

    Reply
  6. Mellet Moll says:
    4 April 2023 at 10:42

    Hierdie vers stem my, as leser, tot ongemak. Die doel van die gedig is onduidelik en hoogstens aktiveer dit ‘n verdoeselde vingerwysing na ‘n bewering wat lank gelede teen ‘n gevestigde digter gemaak is. Miskien het my ongemak daarmee te doen dat die digkuns hier as wapen gebruik word deur ‘n aspirantdigter wat homself en sy lesers betrek by die Schadenfreude van ‘n gestorwe digter. Ironies genoeg, ondermyn die digter nie Botes se reputasie hiermee nie, maar sy eie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d