Ennui in dertien reëls
‘n Vensterwasser by die hotel
Cloud 9 markeer die pas
(soos) hierdie gedig, ‘n vrypas
had om iets finaal op te teken
oor toeval : toeverlaat beteken
(soos) leegheid vloei deur my.
Sirenes van stiltes bedui
asemnood : asemophou
-hierdie nommer bestaan nie –
(soos) die dubbele ontkenning
my omhels én versmoor perdalks
(in ‘n gedig) skildery sonder glas
Cloud 9 markeer steeds die pas.
© Joan Hambidge, 2023
