
Martina Klopper is in 1976 gebore en het grootgeword op Reitz in die Vrystaat. Sy matrikuleer aan die Bethlehem Voortrekker Hoërskool. Sy het haar B.Mus-graad in 1999 behaal by die Universiteit van Pretoria. Sy voltooi in 2008 ‘n M.A.-graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.
Haar debuutbundel, “Nadoodse ondersoek” (2010), ontstaan hoofsaaklik uit die gedigte wat sy skryf vir haar M.A.
Van haar gedigte word in die versamelbundels Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte en Vers en vrou opgeneem.
Sy het begin werk as rekenaarprogrammeerder vir sowat vyf jaar lank, hoofsaaklik databasis-ontwerp. Sy werk tans as ‘n besigheidsanalis in die finansiële dienste-sektor en woon in Kaapstad.
![]()
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]
