Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 2023

Kirby van der Merwe. Gedig vir my suster in die gety van vinne

 

Gedig vir my suster in die gety van vinne

 

My suster het kanker.

borskanker.

Sy betwyfel dit, want sy voel dan so goed, so gesond, sê sy, inderwaarheid lanklaas so jonk gevoel en vol energie.

Te danke aan vars plaasmarkvrugtesappe.

Sy laat nie aan haar sny nie, sê sy. Ek vas

ek cleanse

ek joga

 

My suster is skaars sestig.

Ek sê vir haar jy speel nie met kanker nie. Kanker is nie jou speelmaat nie.

 

 

My ma is dood aan kanker. Longkanker.

Sy was skaars sewentig, nou soveel jaar gelede. Sy kon nog geleef het, maar my suster, toe nog jonk, voortvarend, eiewys neem my ma op sleeptou.

Kruiedokter, homeopaat.

Ek vas, ek strek, ek cleanse, ek oefen, sê sy die dag by die see in haar blou house coat in ‘n gety van vinne.

 

Ek sê vir my suster, jy speel met kanker. Sy kyk vir my, hande op die heupe.

 

Bo haar roer die lug konsentries.

 

© Kirby van der Merwe, 2023

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Wat lees jy? Living the ultimate carnivore lifestyle (Hendrik Marais)
  • Ferdi Wheeler. Remissie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges
  • Miel Vanstreels. Siekebesoek
  • Digtersprofiel: Fransi Nieuwoudt

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d