Moed
die spreilig het skerp
op een pelikaan
drywend tussen vlak branders geval
wit soos vrede
was hy ‘n spikkel in grou
op dié Maandagaand by Terrigal
jou stem was sag jou woorde was
vinkies wat ligvoets
die vroeë more groet
op die trappies langs die see
het ‘n rivier weer gevloei
helder en vars
en haar naam was moed
© Stephan du Toit, 2025
