Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 2023

Yolanda Faye Holden. Nervosa

 

Nervosa

 

ib

In die begin het Maät bespeur

dat hartversaking aan die wanorde

van die honger heelal was.

Voorts word massa teen ’n veer geweeg:

word te lig, maar meestal gewigtig geleef.   

 

khet

In die esofagus se beker

bly voedigswaarde ’n mite,

word peristalse op sy kop gedraai.

Ensieme versnel voedselafbraak     

om na spysvertering gal te braak.

 

swt

In die piramide se grafkamer,

te midde van strukturele verwering,

word die sjeoet in die kissie geberg,

maar rowers word steeds nie verhinder

om farao se skatkamers te plunder.

 

ren

Van monumentale belang

is om die silhoeët te beskerm

teen erosiewerking en verval.

Tydens die langdurige vastydperk

word ’n cartouche om die naam getrek.

 

ka

Ontneem van smaak, word daar swaar gesluk

aan die kookboek van die doderyk.

Lewenskrag word uitgeblaas,

organe in gesuurde flesse gestoor:              

slegs stopsels linne en sand bly oor.

 

ba

Die liggaamsmassa-indeks

meetkundig op reliëf bereken.

Epitawe op papirusdun vel.

’n obelisk in die woestyn opgerig:                

gedenknaalde van veergewig.                     


akh

Die mondopeningseremonie

sal van gebondenheid verlos.

’n Lewendgewende towerspreuk

ter hiernamaalse verering

na suiwering en purgering.

 

 © Yolanda Faye Holden, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Yolanda Faye Holden. Herkonstruksie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d