Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 May 202325 May 2023

Pirow Bekker. Pastiche by ‘n passere klaaglied

 

 

Pastiche by ‘n passere klaaglied

              

                                                 Di sprinkhane en die droogte

                                                  Is swaar nou op ons land,

                                                  En wat fan ons moet worde

                                                   Is bowe my ferstand

– Anoniem uit die Eerste Taalbeweging.

 

Deur die eeue speel die sprinkaan

‘n rol uitnemend vol,

glip gemaklik van die een in die ander

en bly gewigtig in die kol.

 

Vir een van “di plagen van Egypteland”

word sprinkaankommando’s opgeroep,

en hul maak voorbrand op hul manier

om uit dwingelandy te loop.

 

Met die Woord se koms in Afrikaans

wen die sprinkaan onvoorwaardelik grond

veral toe aanvaar word die gevleueldes

stil honger in ‘n dapper mond.

 

Hier te lande kon hul getalle flink gedy,

met afswerm wyd verwoesting saai.

‘n Bestryder mik na voetgangers in hul slaap

toe voor sy toorts verrys: ‘n reus.

 

Boere, pas uit die Vryheidsoorlog tuis,

moes weer perd opsaal, bandeliere laai,

pleks van Kakies wat hul land wou vat,

nuwe beslagleggers jag.

‘n Kiekie in dié bewoë tyd geneem,

waarskynlik met ‘n syncro box

toon ‘n beampte wat met geweer kordaat

‘n sprinkaan aan sy agterkloue lig

 

– jy kyk twee keer: dis nie ‘n springhaas

wat daar hang, nie ore, maar voelhorings

wat vir laas die polle gras betas –  dié ta

kerf nooit weer sy karkas glad …

 

In die gekiedenis word oor die episode

steeds druk bespiegel deur die nasie:

Was manipulasie destyds al ‘n mode

– dit op sigself ‘n tegniese prestasie –

 

of is die gif vir bespuiting van die hordes

te flou vir vergewe aangemaak

en is mettertyd ontstellende gesondes

op skrapse weidings losgelaat?

 

Van als gestroop is die boksie se produk

vir die kleingelowiges steeds bewys

hoe is ‘n  wonderkuur gehaal deur net-net

onder maat, arseen te sluk.*

 

© Pirow Bekker

 

 

*Die foto en berigte oor die uitermaat groot sprinkane, geskryf deur MC Fourie,

verskyn in OVK Nuus, volume 8, nr 3 en 4.

** Foto verskaf deur MC Fourie, met die volgende byskrif:

Hierdie een is kort anderkant die Havengabrug naby Petrusville geskiet. Enkeles het verder uitgewyk en het selfs sover oos as Bethulie en Smithfield voorgekom. Hierdie jagter was ene Gerhardus Henning van Trompsburg.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Demensie (onder lede)
Pirow Bekker. Pronatalistedag in Silicon Valley →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d