Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 June 202313 June 2023

Pirow Bekker. Pronatalistedag in Silicon Valley

 

Pronatalistedag in Silicon Valley

 

Geagte kollegas – mag ek maar sê: Vatbares

vir die vibes van ons Vallei?

Ons almal totus in illis sel- en selfbewustes

kon met vertroue waarneem

hoe ons onder die vaandel van ‘n  Midasbeeld

die uitdaging aanvaar het op die strydperk

hier ingebed: “Discontented Natality Attribute”

ofte wel DNA.

Enkele buitestanders

het uit moedswil dit “Disconnected” gemaak,

maar hul ballonnetjies is algou geprik

deurdat almal kon sien die openheid werk!

Heelwat lammertjies het aangekom.

En daar is die beloftes …

 

So ingelyf in ons Vallei

is voorop gestel die begeerte

om, teen die wêreld se beskouing van ons Vallei in,

voort te plant, te floreer, natuurlik in terme van

beskerming en bewaring hoogs noodsaaklik

vir wat ook al die spermutasies van beskawing behels.

 

Soos ek hier staan,

het ek julle almal lief, is ons

onbeskaamd op die voorpunt

van verkeer, gemoeid met oorlewing,

vra ons uit een mond: Bewaar ons van die dag

wanneer die I van KI nie net staan vir Intelligensie nie,

maar ook die terugkeer na die dierbare Inseminasie.

 

Die kersie op die koek uiteraard

die posisie waar die blote plesier

nie uitgesluit kan word nie

met steeds op die verhewe doel toegespits –

by gebrek aan ‘n beter definisie –

die grys stof waardeur ons

die welbedeling van “die ander tyd” bekom.

 

© Pirow Bekker, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Pastiche by ‘n passere klaaglied
Pirow Bekker. Bloufilm gekuis →

1e kommentaar op “Pirow Bekker. Pronatalistedag in Silicon Valley”

  1. Bernard Odendaal says:
    13 June 2023 at 06:39

    O, die erotiek van die bandelose elektronika!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d