Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 May 2023

Joan Hambidge. Die ars poetica Deel I

 

I

Die konsep ars poetica word herlei na Horatius se “Brief aan Lucius Calpurnius Piso” (‘n Romeinse senator) en sy twee seuns. Die Epistula ad Pisones is geskryf in heksameter. 476 reëls met raad aan jong digters. In Afrikaans is N.P. van Wyk Louw se gedig waarskynlik die bekendste voorbeeld. Wytze is W. Gs. Hellinga, die teoretikus van die Stilistiek. Dit word gesien as toegepaste taalkunde, maar kan eweneens gelees word as ‘n vorm van Strukturalisme met die fokus op die outonomiteit van die teks. Vir ‘n bondige opsomming, word die leser verwys na:

https://www.dbnl.org/tekst/hell014krea01_01/hell014krea01_01_0005.php

Besoek 28 Mei 2023

Louw se gedig sit vol paradokse en teenstrydighede, maar aktiveer die proses wat sowel erkenning gee aan ander gedigte en sienings van die digkuns (Nijhoff se fluit) en Eliot se bekende dictum dat die gedig juis van emosies ontsnap.

“Poetry is not a turning loose of emotion, but an escape from emotion; it is not the expression of personality, but an escape from personality”, staan in die essay “Tradition and the Individual Talent”(1919) en word later opgeneem in The Sacred Wood.

By Louw die soektog na die korrekte, onvervangbare woord wat hy voortreflik in Tristia (1962) ondersoek.

 

XXXVIII. Ars poetica

Vir Wytze

 

Uit die gevormde literatuur

is nooit weer poësie te maak nie,

uit die ongevormde wél:

heuning uit die blomsap

– om te illustreer

en uit die heuning self, glo nog;

maar nie meer uit die seshoek-sel.

 

Op die temas van die dwase,

en van die nie-dwaas heiliges

is dit moontlik om variasies

en besuinigings, selfs palinodes

te versin, maar dis onmoontlik

om te speel-selfs met die spél:

of groot te doen of te misdoen

in die skoene van die grotes.

 

Eintlik was ‘n fluit nodig,

wat, terwyl jy blaas: trompet word;

en ná trompet: ‘n stad;

én, waar die stád verwilder:

dat dit bloeiende maankraters

word wat uitblom in

bloed en vuurpyl

en afgly na die suiwer syfer

en die beginnende uitsypeling

en die begin.

 

Maar: omdat geen fluit voorhande is nie,

moet ons in die weefsels van

(o) van ons dink-histologie

soek: om lug en kraakbeen,

brein-sel, vleis en slymvlies

sonder slymerigheid van ons histories-

en geweefde denke te bespie;

sódat en ópdat ons in woorde, wat

maar klank en teken is,

in ná-geskape skeppinge

die skepping van die god

déúr-dink, déúr-praat.

 

II

Die Amerikaanse modernistiese digter Wallace Stevens (1879 – 1955) dig oor die ars poetica in “Of Modern Poetry” wat hy sien as “the poem of the act of the mind”. Die begin en die slot sluit volledig. Stevens gebruik ook die idee van teater om hierdie proses te vergestalt. Met ‘n akteur wat die teks moet herhaal. Die onsigbare toehoorders of teatergangers is die leser wat die digter nooit werklik kan sien of ken nie. Die regte of modelleser se emosies sal een word met dit wat die digter bedoel het. Die spreker in die gedig is soos ‘n metafisikus in die donker wat sy instrument bespeel:

 

twanging

An instrument, twanging a wiry string that gives

Sounds passing through sudden rightnesses, wholly

Containing the mind, below which it cannot descend,

Beyond which it has no will to rise.

 

Verskillende beelde kan dit tot uitvoering bring: ‘n skaatsende man, ‘n dansende vrou, ‘n vrou wat hare borsel …

 

 

Of Modern Poetry

 

The poem of the mind in the act of finding

What will suffice. It has not always had

To find: the scene was set; it repeated what

Was in the script.

Then the theatre was changed

To something else. Its past was a souvenir.

 

It has to be living, to learn the speech of the place.

It has to face the men of the time and to meet

The women of the time. It has to think about war

And it has to find what will suffice. It has

To construct a new stage. It has to be on that stage

And, like an insatiable actor, slowly and

With meditation, speak words that in the ear,

In the delicatest ear of the mind, repeat,

Exactly, that which it wants to hear, at the sound

Of which, an invisible audience listens,

Not to the play, but to itself, expressed

In an emotion as of two people, as of two

Emotions becoming one. The actor is

A metaphysician in the dark, twanging

An instrument, twanging a wiry string that gives

Sounds passing through sudden rightnesses, wholly

Containing the mind, below which it cannot descend,

Beyond which it has no will to rise.

It must

Be the finding of a satisfaction, and may

Be of a man skating, a woman dancing, a woman

Combing. The poem of the act of the mind.

 

(The Collected Poems of Wallace Stevens, Alfred A. Knopf, 1990)

https://www.poetryfoundation.org/poems/43435/of-modern-poetry Besoek 28 Mei 2023

“The Auroras of Autumn“, “Anecdote of the Jar“, “Disillusionment of Ten O’Clock“, “The Emperor of Ice-Cream“, “The Idea of Order at Key West“, “Sunday Morning“, “The Snow Man“, en “Thirteen Ways of Looking at a Blackbird” is van sy bekendste verse saam met die komplekse “An Ordinary Evening in New Haven”.

 

Stevens se klassieke “Anecdote of the Jar” kan gelees word as ‘n ars poetica. Die “jar” (die gedig) teenoor die landskap. Ofskoon dit niks kan bied nie en nie groei nie, oorheers dit uiteindelik die landskap of lewe.

 

Anecdote of the Jar

 

I placed a jar in Tennessee,

And round it was, upon a hill.

It made the slovenly wilderness

Surround that hill.

 

The wilderness rose up to it,

And sprawled around, no longer wild.

The jar was round upon the ground

And tall and of a port in air.

 

It took dominion everywhere.

The jar was gray and bare.

It did not give of bird or bush,

Like nothing else in Tennessee

 

(The Collected Poems of Wallace Stevens, Alfred A. Knopf, 1990)

https://www.poetryfoundation.org/poetrymagazine/poems/14575/anecdote-of-the-jar

Besoek 28 Mei 2023

 

III

Archibald MacLeish (1892 – 1982) is eweneens ‘n modernistiese digter.

MacLeish was ‘n ambulansbestuurder tydens WO I en hy het in Parys kennis gemaak met Gertrude Stein en al die ander ekspatriate. In 1949 word MacLeish die Boylston Professor in Rhetoric and Oratory aan Harvard Universiteit.

Hy het ook gemeen dat digters polities betrokke moet wees. Sy “Ars poetica” wys op die teenstrydighede van die gedig. Die gedig het ‘n bestaan van sy eie onafhanklik van die digter se bedoeling. Die gedig eweneens “onwaar” (‘n konterfeitsel) en die goeie gedig verhul emosies of emosionaliteit:

 

For all the history of grief

An empty doorway and a maple leaf.

 

…

 

A poem should not mean

But be.

 

Onafhanklik van die digter se bedoeling, kry die gedig ‘n lewe van sy eie.

 

Ars Poetica

 

A poem should be palpable and mute

As a globed fruit,

 

Dumb

As old medallions to the thumb,

 

Silent as the sleeve-worn stone

Of casement ledges where the moss has grown—

 

A poem should be wordless

As the flight of birds.

 

*

 

A poem should be motionless in time

As the moon climbs,

 

Leaving, as the moon releases

Twig by twig the night-entangled trees,

 

Leaving, as the moon behind the winter leaves,

Memory by memory the mind—

 

A poem should be motionless in time

As the moon climbs.

 

*

 

A poem should be equal to:

Not true.

 

For all the history of grief

An empty doorway and a maple leaf.

 

For love

The leaning grasses and two lights above the sea—

 

A poem should not mean

But be.

 

(Collected Poems 1917-1952, Houghton Mifflin Harcourt, 1952)

https://www.poetryfoundation.org/poetrymagazine/poems/17168/ars-poetica

Besoek 28 Mei 2023

 

IV

 ‘n Johann de Lange ars poetica lui as volg:

 

Ars poetica

 

Die voëlbak skrik

hom uit sy wit

oorwintering los,

sy ysskots krimp tot iris.

 

Ysbreker-son dryf sy wig

in die donker wak, die bloed-

lemoen kleur diep

onder mis van ‘n katarak.

 

Gletsers elders kruip

oor groen dekades,

kontinente skuifel nader,

‘n rif kraak onder ‘n woud:

 

feilbaar seismograaf ‘n vers

die hart se San Andreas-fout.

 

Wordende naak (Haum-Literêr, 1990)

 

Die voëlbak ontvries en die ysskots (letterlik ys, maar ook ys vir ‘n whisky) krimp tot ‘n iris, letterlik “Gepigmenteerde membraan van die oog wat die pupil omsluit en die hoeveelheid lig wat deurgelaat word beheer”, aldus https://gesellig.co.za/t/32245-iris/ Besoek 28 Mei 2023.

Dan die ysbreker-son wat ‘n wig in die wak indryf. Wak is ‘n gat in die natuurys wat water bedek.

Hierdie beeld sluit met die iris.

Die bloedlemoen (aldus die kosskrywer Karen Hart):

Die persrooi “ink” wat die lemoen sy bloederige voorkoms gee, is afkomstig van die antosianiene, “’n familie van polifenolpigmente wat algemeen voorkom in baie blomme en vrugte, maar ongewoon is in sitrusvrugte …”

https://www.litnet.co.za/bloedlemoen-o-bloedlemoen/   Besoek 28 Mei 2023

Die bloedlemoen, ‘n besonder geurige vrug, word gevoed deur die mis onder ‘n katarak.

Katarak kom van die Latyns cataracta, wat beteken waterval. ‘n Wolk van kristallyne in die ooglens.

Die katarak is ook ‘n waterval of kaskade. Dus van die oog wat kyk na die natuur met sy eie wetmatighede na die gedig wat 14 reëls beslaan.

Gletsers (wat stadig beweeg) saai uiteindelik verwoesting (beeld en toepassing / droom versus realiteit / 8 reëls teenoor 6 met die volta wat ons neem na gletsers).

 

Die gedig is feilbaar soos die hart.

feilbaar seismograaf ‘n vers

die hart se San Andreas-fout.

 

Soos die seismograaf ondergrondse geluide of skuddings registreer, aktiveer die vers die liefde as ‘n San Andreas-fout, wat 30 miljoen jaar gelede ontstaan het.

 

V  The poem of the act of the mind

Verskillende ars poeticas wat die komplekse verhouding tussen taal en werklikheid verbeeld, is hier ondersoek.

Woorde is net klank en teken, skryf Louw en al hierdie gedigte is beheersd en bewys Eliot se dictum reg dat ‘n gedig juis emosie ontglip of verdoesel.

Paradoksaal is die gedig soos MacLeish dit stel:

 

A poem should be wordless

As the flight of birds.

Twee emosies word een (Stevens), te wete dit wat dit digter ver-beeld en die effek wat dit het op die leser. Hierom lees ons elkeen uit ‘n persoonlike perspektief soos Imre

Saluszinsky illustreer in sy onderhoude met groot teoretici.

Bloom uiteraard as een van die groot Wallace Stevens-lesers word ook betrek.

Hier lees Bloom ‘n gedig van Stevens:

https://www.youtube.com/watch?v=TJ5ivnk2Zts Besoek 28 Mei 2023

 

 

Joan Hambidge

Kaapstad Mei 2023

 

Bronne:

Eliot, T.S. 1950. The Sacred Wood: Essays on Poetry and Criticism. London: Methuen.

Saluszinsky, Imre. 1987. Criticism in Society: Interviews with Jacques Derrida, Northrop Frye, Harold Bloom, Geoffrey Hartman, Frank Kermode, Edward Said, Barbara Johnson, Frank Lentricchia, and J. Hillis Miller. Londen: Methuen.

In hierdie studie word daar telkens op ‘n gedig van Stevens gereageer vanuit verskillende teoretiese perspektiewe.

Viljoen, Louise. https://versindaba.co.za/2011/08/18/louise-viljoen-digterlike-gesprekke-met-np-van-wyk-louw/  Besoek 28 Mei 2023

 

Ars poetica   

 

I myself am hell; nobody’s here — only skunks, that search in the moonlight for a bite to eat.

Robert Lowell

 

In ‘n gedig vir sy digtersvriend, Elizabeth Bishop, bely

Robert Lowell sy liefde vir die afstandelike meester van verlies.

By ons staan alles opgeteken in lang akwarelle van die dors.

Briefwisselinge eers, later e-posse en dan blitsige vonkpossies,

maar immer die band tussen ons; dog ons so uit-een-lopend.

Dis jy wat my attent maak op Bishop se kritiek op die bi-polêre Lowell

toe hy sy naastes plunder vir beelde of inspirasie. For the hell of it …

 

Life Studies, ja. Maar lewe is nie gelyk aan ‘n gedig nie; nog minder

‘n gedig ná jare herleibaar of herkenbaar aan dié of daardie insident.

Vannag droom ek en jy en Antjie by ‘n digtersfees, verdryf

deur die sameroeper, omdat die dekorum glo oortree word:

ek alweer laat, Antjie vloek te veel en jy halpierig aan die gons.

Hoe word die digter van die wals geskei, en wanneer het hier-

die ding ‘n lewe van sy eie (soos) ‘n Spoetnik om die maan?

 

Tyd – soos die seisoene – beweeg. Begryp nog steeds nie ‘n eklips

of die Hubble-teleskoop, soos jy. Priemgetalle laat my immer koud.

My notaboeke dra swaar aan kladmerke (soos Courtney Gallagher)

en iewers skuifel ons mankepankerig aan in hierdie troebel dae:

Hierom dra ek twee horlosies. Die een omarm regte, egte tikketyd;

die ander verklap die sorge van my soekende, speurende gemoed,

uitstulpend in vóórwetes (soms in ‘n vloekskoot) ‘n gedig perfek.

 

© Joan Hambidge

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
Nini Bennett. Artificialis ars poetica →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d