Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 June 2023

Afrikaans 100-manifes

 

 

 

 

MANIFES VAN DIE AFRIKAANS 100-VELDTOG

 

Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans haar honderdjarige bestaan as amptelike taal. ‘n Wye en verteenwoordigende groep Afrikaanse organisasies, onder leiding van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), wil graag ‘n veldtog van stapel stuur om dit te vier.  Daar sal ‘n gekoördineerde poging wees om talle feeste op alle vlakke van die samelewing deur die hele land te hou, met ‘n nasionale geleentheid op 8 Mei 2025 by die ATM in die Paarl.

Hierdie manifes verteenwoordig die raamwerk waarbinne die feesveldtog gehou gaan word. Indien enige gemeenskap, organisasie of persoon daarmee saamstem, dit teken en terug epos, sal só ‘n organisasie die amptelike logo van die Afrikaans 100 veldtog kan gebruik, onder andere om plaaslik fondse te werf.

 

  1. Ons vier met dankbaarheid en vreugde die bestaan van Afrikaans as amptelike landstaal oor die afgelope 100 jaar.
  2. Ons doen dit as ‘n groep mense wat almal lief is vir Afrikaans en belangstel in die Afrikaanse leefwêreld: Afrikaanse organisasies en instellings, skole, die media, asook tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans.
  3. Ons erken die feit dat Afrikaans ‘n diverse taal is met ‘n diverse herkoms en dat dit deur mense van alle rasse, etniese- en kultuurgroepe gepraat en gebruik word. Ons beskou dit ook as ‘n inklusiewe en vriendelike taal en daarom sal ons dit verwelkom as die feesveldtog deur soveel as moontlik mense, gemeenskappe en organisasies ondersteun en gevier sal word.
  4. Ons is daarvan oortuig dat Afrikaans toekomsgerig is en bly groei; daarom vier ons Afrikaans se konstruktiewe bydraes tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap, en moedig ons gesprek aan sonder om in politiek te verval.
  5. Deur hierdie feesveldtog wil ons ‘n gekoördineerde poging aanwend om die mylpaal van een honderd jaar met positiewe sentimente te vier en die waarde van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse gemeenskap ten toon te stel.
  6. Tydens hierdie feesveldtog sal ons graag wil sien dat Afrikaans se bydraes op talle gebiede gevier word, soos die kunste, literatuur, drama, poësie, onderwys, musiek (lig en klassiek), akademiese navorsing en woorde­boeke (om maar ‘n paar te noem). Daarom nooi ons alle organisasies om hieraan deel te neem.
  7. Almal wat belangstel om hierdie groot mylpaal van Afrikaans te vier, kry toegang tot ‘n eenvormige, positiewe feesveldtog en -identiteit in die vorm van ‘n logo wat saam met die instansie se eie korporatiewe identiteit gebruik kan word.

Indien jy of jou gemeenskap en organisasie hiermee saamstem, epos hierdie getekende vorm terug aan die Afrikaanse Taalraad (wat as sekretariaat optree) by info@afrikaans100.org.

Ek/ons ­­­­­­­­­­­­­­­­­­__________________________________________________________ stem met hierdie manifes saam en onderneem om in hierdie gees deel te neem aan die feesveldtog vir Afrikaans 100.

 

 

_______­­__________________                                       ________­­________________

Geteken                                                                       Datum

 

 

 

Die oorsigkomitee en sekretariaat bestaan uit die volgende persone (in alfabetiese volgorde):

Astrid de Vos (Dagbreektrust)

Theuns Eloff (Trust vir Afrikaanse Onderwys) (voorsitter)

Dianne Ferrus (skrywer en digter)

Werner Human (Solidariteit Beweging)

Michael Jonas (Afrikaanse Taalmuseum en –monument)(ondervoorsitter)

Susan Lombaard (Maroela Media)

Karen Meiring (Nuuseum)

Sinki Mlambo (NWU)

Hendrik Theys (UWK)

Merlyn van der Rheede (Afrikaanse Taalraad)

Heindrich Wyngaard (Kaapse Forum)

Die Afrikaanse Taalraad met Ria Olivier en Conrad Steenkamp tree as sekretariaat op.

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d