verstopte beenare
my voete is yskoud my tone swart geryp
soos die yskoue winterryp
bykans banaal
soos die swart ryp van die vrystaat
bykans onherhaalbaar
my arts is ‘n vaskulêre spesialis
kundige diagnose bly dus nie uit
beenare is verstop
sigarette is die oorsaak
bloedvloei is gestaak
bene geometries versaak
farmakologiese ingryp
is remedies onmoontlik
vaskulêre regstelling is noodsaaklik
vasgelê in die teater
is die arts geskool
om ‘n varkaar oor te plant
in die saal is die voet normaal
vuurwarm tot by die punt van die nael
© Hennie Maartens, 2023