Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 June 2023

Joan Hambidge. Selfportret op 66

 

Selfportret op 66

 

Deesdae is hierdie spieël onbeantwoorde

e-posse of die dwinglandy van misverstand.

Te veel stiltes wat my verswelg

op vele herinneringsreise soos waar

bevind daardie yskoue geliefde haar?

Drome oor hysbakke in ‘n vreemde stad

telkemale ondergronds volledig verken.

In hierdie kelders word notaboeke uitgestal

waarop die name van die dooies (in swart

geskryf) langs koordlose fone, ‘n antwoordmasjien

waarop boodskappe geberg bly van ‘n digter,

ja, hy wat die sirenes van bloeisels besing

en waarsku só sal ons uitpasseer …

‘n Tuin van Eden langs Die sewe vrese

met ‘n brief uit die Stadionkade gestuur,

in haar handskrif met Hollandse posseëls

toe ons nog briewe lees, dadelik beantwoord

met ‘n gedig oor die intieme aard van die digkuns

wat die digter, as eerste leser, klinkklaar pos:

daar is sekere beelde wat jou nooit verlaat,

daar is sekere stede soos geliefdes

wat jy nimmer as te nooit vergeet.

 

© Joan Hambidge

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Chosism
Joan Hambidge. Hart sonder hawe →

3e gedagtes oor “Joan Hambidge. Selfportret op 66”

  1. Bernard Odendaal says:
    10 June 2023 at 13:01

    Die ironie van gretig reisiger wees is dat, hoewel die plekke wat jy aandoen hulle merke laat op jou, jy selde, indien ooit, enige spoor daarop kan nalaat. Maar as jy dan daaroor kan dig soos Joan … miskien tog wel?

    Reply
    1. NICOLAAS says:
      21 June 2023 at 19:37

      Bernard, ons almal weet dat Joan kan reis-dig soos min.

      Ek het sagkens met ‘n reël of twee gehelp.

      Reply
  2. Nicolaas says:
    10 June 2023 at 12:31

    daar is beelde wat jou nooit verlaat nie,

    daar is stede soos geliefdes

    wat jy nimmer weer vergeet nie

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d