
AVBOB STEP 12-onderwys-
AVBOB het onlangs ’n onderwys-
Die AVBOB STEP 12-program is spesifiek gemik op die taalvakke in die Graad 12-leerplan. Die program is ontwikkel om Graad 12-leerders te help uitblink in sowel hul moedertaal as hul eerste addisionele taal, aangesien albei verpligte vakke is wat met ’n minimum van 40% geslaag moet word.
“Met STEP 12 stel AVBOB ’n nuwe kanaal bekend om ons verbintenis tot die ondersteuning van onderwys in Suid-Afrika te toon, tesame met ons voortgesette beleggings in geletterdheidsprogramme, skole-infrastruktuur, vraghouerbiblioteke en die ondersteuning van die poëtiese kunste,” sê Carl van der Riet, uitvoerende hoof van AVBOB.
Die AVBOB STEP 12-program sal beskikbaar wees in al elf (11) amptelike tale, met drie (3) Eksamenvoorbereidingsgidse per taalvak, wat altesame drie-en-dertig (33) studiegidse beteken.
“Ons hoop dat die AVBOB STEP 12-program as ’n bloudruk sal dien vir onderwyser- en leerderondersteuning, en dat ander segmente van die private sektor sal begin saamwerk en soortgelyke programme ontwikkel vir nog Graad 12-vakke, soos Wiskunde, Natuurwetenskap en Sakestudies,” voeg Van der Riet by.
Die studiegidse is saamgestel met die doel om leerders se prestasie in die drie (3) vraestelle in elke taalvak te verbeter, naamlik Taal in Konteks, Literatuur en Skeppende Skryfwerk. Die suksesvolle aflê van hierdie vraestelle is vir leerders nie net van kritieke belang om matriek goed te slaag nie, maar ook om hulle vir verdere studie voor te berei, terwyl dit terselfdertyd noodsaaklike vaardighede soos doeltreffende kommunikasie in die werkplek en in sosiale situasies oordra en ook onmisbare denkvaardighede ontwikkel. Vakkundiges met omvattende ervaring in die opvoedkundige sektor tree op as adviseurs vir die AVBOB STEP 12-program.
Steun deur die Departement van Basiese Onderwys
Die struktuur en inhoud van die Eksamenvoorbereidingsgidse is gegrond op die Kurrikulum-en-
Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het die inisiatief verwelkom en die DBO se gedeelde doelwit van voortgesette leerderprestasie benadruk – ’n poging wat deur noue samewerking soos dié tussen die onderwyssektor en verskillende rolspelers versterk word.
Motshekga het alle Graad 12-taalonderwysers en opvoeders van matriekleerders aangemoedig om gebruik te maak van die AVBOB STEP 12-eksamenvoorbereidingsgidse. Die department het die AVBOB STEP 12-leermateriaal geëvalueer en ondersteun hierdie inisiatief as ’n waardevolle bykomende hulpbron vir leerderontwikkeling.
Hoewel die AVBOB STEP 12-eksamenvoorbereidingsgidse gemik is op Graad 12-leerders om hulle te help met die voltooiing van hul finale skooljaar, kan die voordele daarvan reeds aan Graad 11-leerders oorgedra word wat óá½¹k baat kan vind by die blootstelling aan die doelwitte soos uiteengesit in die Graad 12-leerplan. Die AVBOB STEP 12-eksamenvoorbereidingsgidse is, wat samestelling en inhoud betref, gegrond op behoeftes wat uitgewys is deur onderwysers wat hieroor gekonsulteer is.
AVBOB, as deel van sy korporatiewe maatskaplike belegging, het die onderwys as ’n kritieke sektor geïdentifiseer, en het – in reaksie daarop – sy vlagskipprogramme rondom geletterdheid en opvoeding ontwikkel om die regering by te staan om ’n gehalte-leerproses en -onderrrig in skole te versterk. AVBOB en die DBO het ’n lang samewerkingsvennootskap in hierdie sektor en streef daarna om ’n blywende impak op die opvoedingslandskap te maak.
Hoe om toegang te kry tot die AVBOB STEP 12-program en -eksamenvoorbereidingsgidse
Die AVBOB STEP 12-gidse kan vanaf 14 Junie 2023 GRATIS afgelaai word by www.avbobstep12.co.za. Die AVBOB STEP 12-Facebook-blad (www.facebook.com/AVBOBSTEP12) dien as ’n bymekaarkomplek vir Graad 12-onderwysers.
