Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 June 2023

Nuwe Publikasie. Die skerpgevylde oomblik. Petra Müller. ’n Huldiging.

Die skerpgevylde oomblik. Petra Müller. ’n Huldiging.

Samesteller: Karen de Wet

Omslag

Die skerpgevylde oomblik is ’n huldigingsboek vir geliefde en bekroonde skrywer Petra Müller en bied nuwe perspektiewe en herwaarderings van haar bekendste werk. In agt hoofstukke deur gewaardeerde kenners word onderhoudend en insiggewend geskryf
oor posthumanisme, totemisme, mens-dierverhoudings en ekokritiese aspekte in Müller se kortverhale, terwyl ook sin-beeld verhoudings en die elegiese en erotiese in haar poësie bespreek word. In ’n oorsig oor haar skryfloopbaan, word vir die eerste maal ’n inklusiewe beskouing gegee op die veelsydige produktiwiteit van hierdie skrywer. Sy was joernalis wat reisartikels en essays geskryf het, en sy was resensent. Vir haar populêre romans, tydskrifverhale en koerantrubrieke het sy ook skrywersname gebruik; en sy het kinderboeke vertaal en kinderboeke geskryf. Alles bykomend tot die literêre oeuvre van agt digbundels en vier bundels kortverhale.

In November 2022 verskyn Die skerpgevylde oomblik, onder redaksie van Karen de Wet, in die SAAWK se huldigingsreeks oor Hertzogpryswenners. Die reeks bied akademiese perspektiewe (met dubbelblind ewekniebeoordeelde artikels) en lewer ’n wesenlike bydrae tot bestaande literêr-historiese navorsing.

Die boek is geskik vir navorsers en student, maar vera look vir belangstellendes en liefhebbers van Müller se werk. Die hoofstukke is onderhoudend geskryf met interessante beskouings wat die leser meeneem op die reis deur Müller se oeuvre. Die essays in die bundel bied biografiese inligting en anekdotiese vertellings deur vriende en kollegas en word ondersteun deur die commendatio’s vir die toekennings wat sy ontvang het, die Eugène Maraisprys, Hertzogprys, en Afrikaans Onbeperk.

Die title van die boek is ontleen aan die eerste strofes in “Praagse gedig” in Müller se bundel Swerfgesange vir Susan en ander:

Nie vir enige groot silwer waarheid
in die wêreld nie
maar, as jy dit so sou wou hê,
vir ’n stuiwertjie stilte

leef ons hierdie skerpgevylde oomblik
waarmee ’n landskap gekloof sou kon word
as dit moet,
hierdie mes van ’n uur.

In vyftien nuwe gedigte wat oor Müller en haar werk handel, word telkens ’n heel eie lig gewerp op Müller en onderwerpe waaroor sy dikwels geskryf het, op hoe sy gekyk en verwoord het en ook op die invloed wat sy as mens en digter gehad het. Die digters is Dominique Botha, Breyten Breytenbach, Marius Crous, Johann de Lange, Thomas Deacon, Tom Dreyer, Clinton V. du Plessis, Heilna du Plooy, Melanie Grobler, Joan Hambidge, Marlise Joubert, Loftus Marais, Charl-Pierre Naudé en Carina Stander.

Die navorsingsbydraes is geskryf deur Riëtte Botma (US), Marius Crous (NMU), Karen de Wet (UJ), Sonja Loots (UK), Susan Meyer (NWU), Adéle Nel (NWU), Francois Smith (UV)en Louise Viljoen (US).

Oor die samesteller

Karen de Wet is mede-professor aan die Universiteit van Johannesburg. Sy is die outeur van die hoofstuk oor Afrikaanse kinder- en jeugpoësie (1970–2000) in Van Patryshulle tot Hanna Hoekom (2005) en die samesteller van twee bloemlesings: Vers en vrou en ’n Vry vrou. Gedigte van Antjie Krog (2020).

De Wet was lid van die finale redaksie vir die direkte vertaling van die derde Afrikaanse Kerkbybel, Die Bybel 2020 en is sedert 2013 voorsitter van die UJ-pryse vir Afrikaans.

[Naledi 2022. Formaat: 220 x 150 mm. 398 bladsye. ISBN: 978-1-77617-258-0]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d