Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 June 202320 June 2023

Digtersprofiel: Rina Cascione

Rina Cascione is in 1933 op die dorpie Middelpos in Calvinia-distrik gebore. Cascione het haar professionele loopbaan aan die kunste gewy. Sy het musiek op Stellebosch studeer, met ’n verdere drie jaar oorsee, in Strasbourg en Genève. Sy het ’n BA graad met onder andere Kunsgeskiedenis, Frans en Duits by Unisa behaal.

Met haar terugkeer het sy klavier en Musiekgeskiedenis aan die Musiekdepartement van die Technikon Pretoria (die huidige TUT) doseer en landswyd as musiekeksaminator vir Unisa opgetree. Sy het ook op die keuringspaneel van UNISA se Internasionale Musiekkompetisies gedien. Artikels wat sy oor musiek geskryf het, is in Unisa se tydskrif Musicus opgeneem.

Ná ’n lang loopbaan in musiek, is sy haar debuutbundel in 2021 met Meer as Woorde (Naledi) uitgegee. Hierdie bundel bevat ook vertalings van gedigte uit Italiaans, Engels en Spaans. Cascione se derde taal is Italiaans en saam met haar oorlede man het sy lang tye in Italië deurgebring. Daar het sy met die Italiaanse digkuns vertroud geraak.

Johan Myburg het in sy resensie van Meer as woorde onder meer gesê:

“Cascione dig met ’n helder stem waarin sy die gestalte van taal deel maak van betekenis. Mens sou hier kon verwys na die vernuftige “Haelstorm” en “Terugkeer”. Wat uitstaan, is dat Cascione haar deurleefde ervaring en verwysingsveld met fyn aanvoeling verwoord.”

In 2022 verskyn Kliniek van Verlatenheid (Naledi), ’n vertaling uit Italiaans van die digter Alda Merini se laaste digbundel Clinica dell’abbondo. Merini het onder andere die Guggenheimprys ontvang en is twee keer vir die Nobelprys vir Letterkunde aanbeveel, onderskeidelik deur die Franse Akademie en die Italiaanse PEN.

Kliniek van verlatenheid is deur beide Joan Hambidge en Charl-Pierre Naudé geresenseer. Hambidge het die bundel op 20 Desember 2022 in die radioprogram Boeke en skrywers bespreek. Sy het die vertaling as “’n belangrike deur wat opgemaak is vir Afrikaans” en as ’n “pragbundel” beskryf.

Cascione woon in Pretoria en stel ook intens belang in geskiedenis.

 

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d