
Jannie Malan (1973) is in Wynberg, Kaapstad, gebore. Kort daarna verhuis sy ouers na Pretoria waar hy ook skoolgaan en studeer (tale en uitgewerswese).
Hy werk vir ’n tyd lank as uitgewer, asook by verskeie takke van Exclusive Books. Sedert 2006 is hy ’n konsultant en besigheidsanalis in Menslike Kapitaalbestuur vir ’n internasionale maatskappy.
Malan debuteer in 2010 in Nuwe Stemme 4 en in 2014 verskyn sy debuutdigbundel In ligte laaie by Protea Boekhuis. Temas in sy werk sluit in sy jeug, die liefde, reis en die dood.
Jannie is getroud en het twee dogtertjies. Hy is passievol oor comics, alternatiewe musiek en hedendaagse Afrikaanse skryfwerk en lirieke.
![]()
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]
