Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 July 2023

Joan Hambidge. Lament

 

Lament

 

Vele vertrekkendes in hierdie winter

laat ons stom oor die onverwagsheid

van dié sluiting: die dood as hiëroglief.

 

Boonop rotte in my dak verstoor die rus,

wyl ek grafstene onthou in Dubrovnik

met ons eerste huis langs ‘n begraafplaas.

 

In Psalm 81 oor die feeslied en klaagsang:

“Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan

vir ons feesdag” met Coenie de V wat sing

 

oor die hart en skelet en vir mý heuning

uit die rots met ‘n dooie by langs klippe

opgetel in vreemde landstreke oraloor.

 

Boonop rotte in my dak verstoor die rus,

wyl ek grafstene onthou in Dubrovnik

met ons eerste huis langs ‘n begraafplaas.

 

Lament en klaagsang oor die “tranebrood”

in hierdie tyd van onmag, lees ek in my Bybel,

geskenk van my ouers op 11/9/68 in Pretoria.

 

In my kinderhandskrif in die Ganse Heilige Skrif

wat al die kanonieke boeke bevat uit 1963,

lees ek vanoggend verby gedroogde blare.

 

Boonop rotte in my dak verstoor die rus,

wyl ek grafstene onthou in Dubrovnik

met ons eerste huis langs ‘n begraafplaas.

 

Blare verdroog en in my hand hou ek vas

aan ‘n ewige God met ‘n ewige woning

sonder rotte of lewe sonder hoop of genade.

 

© Joan Hambidge, 2023

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Waar is al die liefde heen?
Joan Hambidge. Sirkelgang →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Lament”

  1. Nicolaas says:
    4 July 2023 at 14:50

    Treffende slotstrofe en -reël (!) met meervoudige betekenis.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d