Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 July 2023

Nuwe Bundel. Johann Lodewyk Marais: Sirkelgang

Sirkelgang

Johann Lodewyk Marais

Omslag

Sirkelgang is die skrywer/digter se 14de digbundel en verskyn toevallig 40 jaar ná sy debuutbundel.

Volgens prof. Alwyn Roux van Unisa is Marais se nuutste digbundel ’n verbeeldingryke uitbreiding van sy poëtiese oeuvre. Dit spreek die kernkwessies van ons tyd op ’n ekologies-sensitiewe wyse aan in tegnies vaardige en beeldryke taal.

By nadere ondersoek kom daar ’n indrukwekkende poëtiese struktuur uit die verse na vore, wat tegelykertyd intiem en universeel is, en só noukeurig geslyp is dat elke woord onmisbaar is.

Hy debuteer in 1983 as digter en het veral as ekodigter bekend geword. Vir sy debuutbundel, Die somer is ’n dag oud (1983), het Marais die Ingrid Jonker-prys 1985 ontvang en vir Diorama (2010) is hy met die South African Literature Award for Poetry 2012 bekroon.

Oor die outeur

Johann Lodewyk Marais is ’n historikus, letterkundige en skrywer. Hy was byna vier dekades lank ’n navorser en middelvlakbestuurder in die openbare sektor. Sy navorsing het gefokus op opleiding in skeppende skryfwerk, sosiale kwessies soos armoede, oorlewingstrategieë, plaaslike kennis en oorgrensmigrasie, en omgewingskwessies in landelike gebiede. Tans is hy ’n navorsingsgenoot aan die Departement Historiese en Erfenisstudies van die Universiteit van Pretoria.

Hy het twee historiese boeke oor Harrismith en omgewing en reisboeke oor Mosambiek en Kenia gepubliseer benewens talle akademiese en populêre artikels.

 

Bestellings van bundel by Tertia Swart, 078 648 8616 OF tertia@naledi.co.za OF www.naledi.co.za
Bestellings word na u adres gekoerier teen R260,00 (prys sluit posgeld in)

 

[Naledi. 2023. Prys: R260,00. Formaat: 213 mm x 137 mm. 96 bladsye. ISBN: 978-1-991256-09-6]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Pieter Odendaal: Ontaard
Nuwe Bundel. Emmie Bedeker: Die grondgeitjie roep →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d