Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 July 2023

Joan Hambidge. Agter die gedig

 

I

Een van die grootste wanopvattings oor die skryf van ‘n gedig is dat dit emosioneel moet wees. ‘n Geslaagde gedig is júis gedistansieerd en die emosie gebeur ín die leser. Nogmaals die paradoks van die digkuns.

Bekende digters is beroemd én gekanoniseer en die verse oorleef altyd modes en stylveranderinge.

Uiteraard het elke leser voorkeure. En smake. Maar gaan kyk wat is in Groot verseboek of in Poskaarte bewaar. En ‘n mens kan ook sien hoe die sosiale en politieke kwessies ‘n rol speel.

Wie verkies jy Van Wyk Louw of Opperman? Eliot of Wallace Stevens? Antjie Krog of Gert Vlok Nel? Johann de Lange of Cussons? Lynthia Julius of Ronelda Kamfer?

Of dalk albei in my geval.

Langs my staan Opperman en Louw se versamelde gedigte. Neffens Breytenbach en Eybers.

Die Versindaba is ‘n ruimte waar digters reageer en hierdie leser is onder die indruk van die verskillende stemme.

Die huis van die digkuns het vele wonings.

II

So dig Opperman ‘n meester van implikasie:

 

Te klip om te boom

 

Klip kan net klip,

sy teel is onderverdeel

tot stomme klippertjies

duinend rondmeel.

 

Boom kan net boom

word langer en ook swanger

tot singende boompies

voël óm die voorsanger.

 

Maar voorwaar:

voor boom kan boom

moet klip eers klip,

en klip teel swaar

– glo miljoene jaar.

 

uit: Edms. Bpk. 1970.

 

Klip, boom en voël.

Teel en swangerskap.

Klip wat sand word en bome met singende voëls.

Ook die digter wat na woorde kyk:

voor boom kan boom

moet klip eers klip

Dalk het die digter hier gesoek na sinonieme? Na werkwoorde vir die gedig? Dalk ‘n soort ars poetica?

Klippe (dood) teenoor bome (lewe).

Die Tien Gebooie is op kliptafels geskryf en iets wat onveranderlik is, word beskou dat dit in klip geskryf is.

Anton F. Prinsloo se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom het in 2004 verskyn en kyk hoeveel uitdrukkings staan daar opgeskryf oor klippe.

Is my lesing bloot ‘n klip in die bos?

‘n Geslaagde gedig maak vele assosiasies oop en digters na Opperman verwys implisiet na hierdie vers: Wilma Stockenström, Ina Rousseau, Johann de Lange, Antjie Krog, Ilse van Staden …

Die digkuns is ‘n spel met taal (letterlike en figuurlike betekenisse) en hierom gebruik digters woordeboeke om betekenisse te laat uitwaaier sodat die singende boompies ander digters is róndom die voorsanger Opperman.

Hierdie teensange op palinodes verryk ‘n taal.

 

Lament

 

Vele vertrekkendes in hierdie winter

laat ons stom oor die onverwagsheid

van dié sluiting: die dood as hiëroglief.

 

Boonop rotte in my dak verstoor die rus,

wyl ek grafstene onthou in Dubrovnik

met ons eerste huis langs ‘n begraafplaas.

 

In Psalm 81 oor die feeslied en klaagsang:

“Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan

vir ons feesdag” met Coenie de V wat sing

 

oor die hart en skelet en vir mý heuning

uit die rots met ‘n dooie by langs klippe

opgetel in vreemde landstreke oraloor.

 

Boonop rotte in my dak verstoor die rus,

wyl ek grafstene onthou in Dubrovnik

met ons eerste huis langs ‘n begraafplaas.

 

Lament en klaagsang oor die “tranebrood”

in hierdie tyd van onmag, lees ek in my Bybel,

geskenk van my ouers op 11/9/68 in Pretoria.

 

In my kinderhandskrif in die Ganse Heilige Skrif

wat al die kanonieke boeke bevat uit 1963,

lees ek vanoggend verby gedroogde blare.

 

Boonop rotte in my dak verstoor die rus,

wyl ek grafstene onthou in Dubrovnik

met ons eerste huis langs ‘n begraafplaas.

 

Blare verdroog en in my hand hou ek vas

aan ‘n ewige God met ‘n ewige woning

sonder rotte of lewe sonder hoop of genade.

 

III

Wat behels inspirasie tog nie alles nie?

Hoe ontstaan ‘n gedig? Jy hoor iets (jy luister na ‘n lied van Coenie de Villiers); jy ontvang oproepe oor die afsterwe van nabye mense; jy dink aan die klippe wat jy opgetel het in vreemde plekke (soos Peru of Turkye); dis winter en ysig; jy lees Opperman; die koerant met slegte nuus.

Van kommapunt tot punt.

Jy onthou ‘n reis na Dubrovnik in 2014 en die beskutting van die stad.

http://joanhambidge.blogspot.com/2014/09/reisjoernaal-n-sloweense-en-kroasiese.html

Besoek 8 Julie 2023

Dalk het die gedig toé reeds begin broei. Jy slaan Die Bybel oop (toevallig) by Psalm 81 en sien hoe jy as kind dit onderstreep het.

Jy onthou puntdigte geskryf op die reis na Kroasië:

 

Elisabeth Eybers

 

Altyd in balans, in ewewig:

afgeweeg simmetries ‘n gedig.

 

D.J. Opperman

 

Die swart kategese oor Dertig,

bly steeds leersaam en kragtig.

 

Sheila Cussons

 

Deur leed en gas gepuur:

‘n engel red jou uit die vuur.

 

N.P. van Wyk Louw

 

Jy speel Ovidius in Amsterdam;

later op die tuisfront nog eensaam.

 

Johann de Lange

 

Elke nag weg hoor ek die Dom se slae,

my rooi Mondaine glimmer verlange.

 

Ljubljana

 

Klippe – soos gedigte – teel swaar en langsaam. Hierom is notaboeke altyd belangrik om ‘n idee op te skryf.

Die skryf van ‘n gedig is ‘n reis. En Śklovskij die Russiese Formalis het immers opgemerk dat poëtiese taal die “klip klipperiger” maak. Die vervreemding wat digterlike taal opeis.

Charles Simic en Seamus Heaney dig ook oor klippe.

Inspirasie of ‘n idee is net die begin. Daarna lees jy handleidings, woordeboeke, studies oor simbole (soos Chetwynd of Cirlot) en gedigte gepubliseer in jou eie taal. En in ander tale.

Simic skryf: “From the outside the stone is a riddle …”

Dieselfde geld die digkuns.

 

Bronne:

Chetwynd, Tom. 1982.  A dictionary of symbols. Londen: Paladin.

 

De Goede, Ronel en Viljoen, Louise. (Samestellers). 1997. Poskaarte. Kaapstad: Tafelberg.

Prinsloo, Anton F. 2004. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Pretoria: Pharos.

 

Charles Simic:

Stone

Go inside a stone
That would be my way.
Let somebody else become a dove
Or gnash with a tiger’s tooth.
I am happy to be a stone.

From the outside the stone is a riddle:
No one knows how to answer it.
Yet within, it must be cool and quiet
Even though a cow steps on it full weight,
Even though a child throws it in a river;
The stone sinks, slow, unperturbed
To the river bottom
Where the fishes come to knock on it
And listen.

I have seen sparks fly out
When two stones are rubbed,
So perhaps it is not dark inside after all;
Perhaps there is a moon shining
From somewhere, as though behind a hill—
Just enough light to make out
The strange writings, the star-charts
On the inner walls.

https://dragoon1st.tripod.com/poetree/files/new_simic.html

Besoek 8 Julie 2023

 

Seamus Heaney:

https://www.poemhunter.com/seamus-heaney-3/

Besoek 8 Julie 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Kringloop
Resensie: Freud and the Celestial Juggernaut (Iván Kovács) →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Agter die gedig”

  1. Ilse van Staden says:
    16 July 2023 at 04:13

    Dankie, Joan, ek het hierdie baie geniet. En wat ‘n lieflike gedig van Charles Simic!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d