Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 August 2023

Neil Cochrane. Weereens die weduwee – ’n drieluik

 

Weereens die weduwee – ’n drieluik

 

Op ’n Sondagmiddag loop die weduwee Viljee

in swart geklee

met twee kolliehonde langs die see

 

Uiteraard met apologie

 

Johann Lodewyk Marais

 

Ek dig oor spesies versprei

oor ons verweerde aardbol

nie eintlik oor honderas

Canis familiaris soos benoem

deur Linnaeus in 1758

taamlik troetelvervelig vir my

ook nie spasie vir ’n huilende

Homo sapiens in my bioargief

dié een se spesifieke etologie

staan my nie aan en oor die mensdom

se beste vriend is al te veel geskryf

kollies is wel intelligent en terapeuties geskik

hulle sal haar wel vertroos

en met ’n kuddeinstink aanpor

na ’n groener weiland.

Ek rig my verkyker en kamera

eerder op bedreigde wolwe:

Canis simensis, Canis lupus baileyi

Canis rufus ensovoorts…

 

hilda smits

 

die weduvrou se man is dood aan lewerkanker en hy het geel opgeblaas

in die intensiewesorgeenheid van die nabygeleë hospitaal en sy het dae

en dae aaneen spandeer in haar oopplankombuis en freneties aartappels geskil

later toe maar die bredie vir Scout en Buddy gevoer terwyl sy wonder

oor wat gebeur met die afgestorwenes veral na lyflike leed

perfekte peinsing vir ’n windverwaaide wandeling

 

Loftus Marais

 

ek bekyk haar in die fynste besonderheid

hier vanaf my panoramiese dakterras

Fabulisha de Wee, dra beslis nie ’n roupalet

sy mince en strut in technicolour

wys ’n gemanikuurde middelvinger

vir Joeri, Jewgeni en Aleksei –

die bronstige matrose op die Lady R

seesand is háár stage

Sondae is háár fashion day,

terwyl sy nog so sissy that walk

lig een fokken brak abrupt sy been

teen ’n flonkerende strandsambreel

 

© Neil Cochrane, 2023

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Neil Cochrane. Die beesboer het sy broek laat val
Wenners van Parodie/Pastiche-kompetisie →

1e kommentaar op “Neil Cochrane. Weereens die weduwee – ’n drieluik”

  1. Alwyn Roux says:
    7 August 2023 at 13:25

    Fantastiese parodieë van hedendaagse digters. Cochrane hier soos ‘n wafferse Opperman aan die woord. Welgedaan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d