…
alle verlangens,
verniet, verniet,
ewig gevange
in getye van verdriet.
D.J. Opperman uit “Seevelde van bamboes”
I
Gedigte werk met paradokse of teenstrydighede soos Opperman dit verwoord in sy vers “Vuurbees” (Dolosse) met die verbluffende reël:
in die bose skoonheid van geweld
https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-vuurbees/ Besoek 20 Augustus 2023
Henning Snyman wys in sy analise van hierdie gedig dat die metafoor die dualistiese kenmerke verbind tot ‘n irrasionele werklikheid. (Mirakel en muse, 193)
Teenstrydighede is uiteraard dualisties.
II
In die hand van ‘n mindere digter is teenstrydighede dikwels vreemd en selfs lagwekkend. In die hand van ‘n behendige een aanvaar ons disjunksies. Dit word die oksimoron genoem as retoriese strategie om teenstrydighede uit te wys.
Die van vergetelheid en van glans soos Wilma Stockenström dit so netjies beskryf het. Of Breytenbach in sy digkuns. Die hunkering se grein van Johann de Lange. Of die akwarelle van die dors …
Metafore skep verbande tussen die werklikheid en die ón-moontlike.
So dig Johann de Lange:
Groen
Woord waarin ek sluimer
omgroen my. Die treurmoerbei
is ’n bruilofsfees
van groen strikdasse.
Die slak slaap nog dig
teen die skurwe bas
& onder die struike
tarentaal
skaduwees veerlig.
Uit: Die algebra van nood (2009).
‘n Woord kan immers nie omgroen nie. In die gedig kan dit wél.
Ook Ilse van Staden begryp dit. Die titel haar jongste bundel heet verveertaal.
Die digkuns róndom voëls en vere. As skilder en digter aktiveer sy ook die veerpen. Sy praat met Breytenbach en verder terug ook met Boerneef.
So dig sy:
voël
voël is swaar
‘n ongevleuelde woord
heel onelegant
ten spyte van die stralekrans
sweefmerkies wat óplig in die keel
is voël maar net ‘n koeël
wat neerplons uit die blou poel
van die lug sodat
jy net vere sien spat!
Beide De Lange en Van Staden se verse werk assosiatief en laat die ónmoontlike gebeur.
Taal word geaktiveer en die proses van dig word weergegee soos in Van Staden se volgende vers:
Slakkesibillant
slakke sit nie stil nie
hul gly eenvoudig
veellettergrepig
gesillibeerd sibilant
en onvoorspelbaar slymend
in patrone en paadjies om
in ruwe klankgrepe
liploos en voetfoutloos
tongverdraai vorentoe
los te kom
*
Sibilant is ‘n sisklank, oftewel frikatiewe konsonante; sillibeer speel in op sillabe (lettergreep). En dalk ook sibille (waarsegster)?
Sedert haar debuut Watervlerk (2003) het hierdie digter se poësie bekoor met die veelkantige segging.
Camille Paglia beweer die volgende oor ‘n goeie gedig in Break, Blow, Burn:
“A good poem is iridescent and incandescent, catching the light at unexpected angles and illuminating human universals – whose very existence is denied by today’s parochial theorists. Among those looming universals are time and mortality, to which we all are subject. Like philosophy, poetry is a contemplative form, but unlike philsophy, poetry subliminally manipulates the body and triggers its nerve impulses, the muscle tremors of sensation and speech”(p. xiv).
III
Die digkuns is die taal van paradoks:
“Ring out the silence I am nourished by”, soos Allen Tate, ‘n Amerikaanse digter skryf.
En dan is daar die adynaton ‘n soort hiperbool wat die ontmoontlike voorstel: die skoen van die meermin.
Joan Hambidge
Bronne:
De Lange, Johann. 2009. Die algebra van nood. Kaapstad: Human & Rousseau.
Opperman, D.J. 1975. Dolosse. Kaapstad: Tafelberg.
Paglia, Camille. 2005. Break, Blow, Burn. New York: Pantheon Books.
http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=camille+paglia Besoek 19 Augustus 2023
Snyman, Henning. 1983. Mirakel en muse. Johannesburg: Perskor.
Tate, Allen. Sonnets at Christmas I. https://www.poemhunter.com/poem/sonnets-at-christmas-i/#google_vignette Besoek 19 Augustus 2023
Van Staden, Ilse. 2023. verveertaal. Pretoria: Imprimatur.
Endnoot:
Sonnets at Christmas
Allen Tate
(1934)
This is the day His hour of life draws near,
Let me get ready from head to foot for it
Most handily with eyes to pick the year
For small feed to reward a feathered wit.
Some men would see it an epiphany
At ease, at food and drink, others at chase
Yet I, stung lassitude, with ecstasy
Unspent argue the season’s difficult case
So: Man, dull critter of enormous head,
What would he look at in the coiling sky?
But I must kneel again unto the Dead
While Christmas bells of paper white and red,
Figured with boys and girls spilt from a sled,
Ring out the silence I am nourished by.
II
Ah, Christ, I love you rings to the wild sky
And I must think a little of the past:
When I was ten I told a stinking lie
That got a black boy whipped; but now at last
The going years, caught in an accurate glow,
Reverse like balls englished upon green baize
Let them return, let the round trumpets blow
The ancient crackle of the Christ’s deep gaze.
Deafened and blind, with senses yet unfound,
Am I, untutored to the after-wit
Of knowledge, knowing a nightmare has no sound;
Therefore with idle hands and head I sit
In late December before the fire’s daze
Punished by crimes of which I would be quit.
Critter:
noun
informal•dialect
plural noun: critters
- a living creature; an animal.
a person of a particular kind.
“the old critter used to live in a shack”
https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&q=critters+meaning
Besoek 20 Augustus 2023