Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 September 2023

Joan Hambidge. Die sonnet  (klinkdig)

 

I

‘n Klassieke studie oor die sonnet is R.K. Belcher se Grondslae van die sonnetvorm wat in 1969 verskyn het. Daar is vele sonnette in Afrikaans: die Italiaanse (Petrarcaanse) sonnet wat werk met die spanning tussen die oktaaf en die sonnet (abba abba cdc dcd of cde cde) met ‘n wending, oftewel die volta; die Engelse (Shakesperiaanse) sonnet wat uitval in 12 reëls (3 kwatryne) met ‘n koeplet (abab cdcd efef gg). Daar is ook die gebreekte sonnet.

Petrarca se Canzoniere dateer uit 1370. Geskryf vir sy Laura. Droom (verbeelding) teenoor werklikheid. Was sy ‘n fantoom van sy verbeelding? Speel dit alles uit tussen beeld en toepassing?

Die gedig se vorm bepaal by implikasie al die betekenis of interpretasie van die vers. N.P. van Wyk Louw se “Vier gebede by jaargetye in die Boland” is voortreflike sonnette. Opperman is eweneens die meester van die sonnet soos o.a. “Oud-digter” of sy antwoord op Louw se sonnette in Komas uit ‘n bamboesstok. Daar is Eybers se sonnette soos hierdie juweel:

 

Sonnet

 

My hande was van altyd af onpaar:

skraal, vroulik en beskeie is die linker,

haar maat is ferm, grofgekneukeld, flinker,

maar net so links met greep, groet of gebaar.

Verwonderdheid, besinning, wanhoop, angs,

die dinge wat die bloedstroom plotseling strem,

dryf hul soms saam in asemlose klem,

maar dan los elk, verleë, gou sy vangs.

Selfs in die voorgeboortelike vog

het hulle onafhanklik rondgeroei

en was nooit waarlik aan mekaar verknog.

Ek twyfel of hul ooit behoorlik tuis

kan raak of tot eenparigheid sal groei

vóór iemand hulle oor my borskas kruis.

 

Eweneens ‘n subtiele kommentaar op die skryfproses waarin die leser sien hoe sy die gedig konstrueer: emosies wat in beheer gehou word deur die struktuur van die gedig.

Daar is Ernst van Heerden se “Soenoffer”.

So klink Opperman se “Oud-digter”:

 

Oud-digter

 

Die panne is nie opgedroog. Die spoor

van die grootwild het ek ‘n rukkie net verloor

Een leef intussen van die enkel reël

wat springend ritsel om die oog en oor.

 

Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook

en vlae reën lok as die gifpot kook.

Maar uit die pot spring net ‘n dwarrelwind

en daagliks word ek doller van wildedagga rook.

 

Doller … dan sterker as die jongeres gespier,

sien ek wat hulle nie kan sien: die koel rivier,

die gemsbok en reënvoël … opgeefselend

oor my Kalahari’s wit papier.

Uit: Blom en baaierd, 1979.

 

Al is ‘n vers nie ‘n sonnet nie, kan dit tog in die leser se gedagtes werk met beeld en toepassing van hierdie vorm, soos in Boerneef se bekende gedig:

 

Elke aand as die skemer kom

sit ou Brabanner by sy vuurtjie en brom

die aarde is ‘n vangkraal

en uitkomkans is min

dit is maar altyd sukke tyd

jy moet die noute in

uithang en holrug maak help niks

soebat en bangoog kyk help niks

niemand en niks help niks

jou voorland is die noute in

want die aarde is ‘n vangkraal

en uitkomkans is min

 

So praat Johann de Lange met die klinkende slot wat die twee geliefdes (waarskynlik aan die einde van ‘n verhouding) wat “afgesluit” en “ongepaar” is; anders as die voëls om hul wat in pare saam is.

 

Sondagmiddagsonnet

 

Die kraangrys voëls stap krysend

vlerke-agter-die-rug

al met die grensdraad langs en terug.

 

Oorkant die grysgroen water

begin die digter blare-muur

waaragter ander spesies daglank tier.

 

Bome met kaal aswit stamme

reik soos vingers uit die grond.

‘n Vliegtuig kloof die koue front.

 

Die blare verkleur al kol-kol

vir die herfs, die trekvoëls maak wys

gereed vir die snerpende reis.

 

Net ons in ons motors, oë op mekaar,

bly afgesluit en ongepaar.

 

Uit: Vleiswond, 1993.

 

Ons hoor ook Opperman se gedig van die geliefdes wat afgesluit is van die diere se vreugdes met ‘n besoek aan die dieretuin wat heet “Ná ‘n besoek aan die dieretuin”:

 

net in ‘n enkelkamer ek en jy

van hulle vreugde afgeskei.

 

Die volgende gedig van Lowell handhaaf eweneens ‘n balans tussen twee gedeeltes wat volledig sluit al is dit nie ‘n sonnet nie.

 

Man and Wife 

Robert Lowell (1917 – 1977)

 

Tamed by Miltown, we lie on Mother’s bed;

the rising sun in war paint dyes us red;

in broad daylight her gilded bed-posts shine,

abandoned, almost Dionysian.

At last the trees are green on Marlborough Street,

blossoms on our magnolia ignite

the morning with their murderous five days’ white.

All night I’ve held your hand,

as if you had

a fourth time faced the kingdom of the mad—

its hackneyed speech, its homicidal eye—

and dragged me home alive. . . .Oh my Petite,

clearest of all God’s creatures, still all air and nerve:

you were in your twenties, and I,

once hand on glass

and heart in mouth,

outdrank the Rahvs in the heat

of Greenwich Village, fainting at your feet—

too boiled and shy

and poker-faced to make a pass,

while the shrill verve

of your invective scorched the traditional South.

 

Now twelve years later, you turn your back.

Sleepless, you hold

your pillow to your hollows like a child;

your old-fashioned tirade—

loving, rapid, merciless—

breaks like the Atlantic Ocean on my head.

From Selected Poems by Robert Lowell, published by Farrar, Straus & Giroux, Inc. Copyright © 1976, 1977 by Robert Lowell. Used by permission.

https://poets.org/poem/man-and-wife    Besoek 23 Augustus 2023

 

Wie spreek hy hier aan? Elizabeth Hardwick? Hy was ook verlief op Elizabeth Bishop, maar sy was ‘n woman-identified-woman. Of dalk Jean Stanford? Die spreker situeer dit in New York met die Rahvs, intellektuele in New York. En Hardwick, die groot begeleier van Susan Sontag, is waarskynlik wel hier die een wat aangespreek word.

Met die spreker wat terugkyk na ‘n lewe saam. En ‘n lewe apart.

 

III

Die gebreekte sonnet is eweneens ‘n bekende vorm. So klink “Broken Sonnet” van John Yau (1950 – ), die Amerikaanse digter en kritikus.

 

The world weeps. There are no tears

To be found. It is deemed a miracle.

The president appears on screens

In villages and towns, in cities in jungles

And jungles still affectionately called cities.

He appears on screens and reads a story.

Whose story is he reading and why?

What lessons are to be learned from this story

About a time that has not arrived, will not arrive, is here?

Time of fire and images of fire climbing toward the sun

Time of precious and semi-precious liquids

Time of a man and a woman doused in ink

Rolling across streams and down valleys

Trying to leave some string of words behind.

 

John Yau, “Broken Sonnet” from Paradiso Diaspora. Copyright © 2006 by John Yau. Reprinted by permission of the author.

Source: Paradiso Diaspora (Penguin Books, 2006)

https://www.poetryfoundation.org/poems/56445/broken-sonnet-56d238f272873

Besoek 23 Augustus 2023

 

IV

En kyk wat maak Carol Ann Duffy, die voormalige poet laureate, met die sonnetvorm:

 

Anne Hathaway

 

‘Item I gyve unto my wief my second best bed…’
(from Shakespeare’s will)

The bed we loved in was a spinning world

of forests, castles, torchlight, cliff-tops, seas-

where he would dive for pearls. My lover’s words

were shooting stars which fell to earth as kisses

on these lips; my body now a softer rhyme

to his, now echo, assonance; his touch

a verb dancing in the centre of a noun.

Some nights I dreamed he’d written me, the bed

a page beneath his writer’s hands. Romance

and drama played by touch, by scent, by taste.

In the other bed, the best, our guests dozed on,

dribbling their prose. My living laughing love –

I hold him in the casket of my widow’s head

as he held me upon that next best bed.

https://www.scottishpoetrylibrary.org.uk/poem/anne-hathaway/   Besoek 2 September 2023

 

V

So beskou, is Terpsicore werksaam op vele fronte in die sonnetvorm (en amperse sonnette); ook in verskillende tale.

 

Joan Hambidge

 

Bronne:

Belcher, R.K. 1969. Grondslae van die sonnetvorm. Kaapstad: HAUM.

Boerneef. 1977. Versamelde poësie. Kaapstad: Tafelberg.

De Lange, Johann. 1993. Vleiswond. Kaapstad: Human & Rousseau.

Duffy, Carol Ann. 2004. New Selected Poems 1984-2004. Londen: Picador.

Eybers, Elisabeth. 1990. Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rousseau.

Opperman, D.J. 1979. Blom en baaierd. Kaapstad: Tafelberg.

https://www.litterm.co.za/index.php/s/1300-sonnet-nl Besoek 22 Augustus 2022

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Applous vir Morgan en Odendaal
Joan Hambidge. Die digter as argivaris →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d