Stanza
D.H. Lawrence sien die skryfproses
as ‘n ongeordende vertrek en wyl jy
Italiaans leer, dink ek na oor stanza.
Die kamers van my huis (en hart) deur-
mekaar met klere en ‘n handdoek
wat moeg oor ‘n blou stoel beur.
Hier leer ek Frans: les habits,
je me suis habillé, j’ai perdu,
na die regte mot en ramasser
se verbuigings toe my stylo
breek, want le rideau is oop:
dit drupreën in ‘n sonnet cassé.
© Joan Hambidge, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.