Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 September 202312 September 2023

Jerzy Koch. cul-de-sac

 

cul-de-sac

                        vir D.J. Opperman

 

 

hy loop in die loopgraaf

wat hy self gegrawe het

 

vanuit die hoogte lyk dit na

ʼn gelerige dun paadjie omsoom

deur die kolonne kleurlose kaal bome

die boere hier het hulle geplant

en gekweek teen die kwaai oostewind

die geel streep is van bo goed

waarneembaar ten spyte van die feit

dat dit slegs een kleurtoon hoër

staan op die skaal van spektrumkleure

as die omliggende vaal velde

oekraïene se immense vlaktes

 

ʼn hommeltuig behendig beheer deur

die operateur en gehoorsaam aan sy verre

hand, hou hom reeds vir ʼn rukkie dop en

dit lyk nou asof die man nie meer wil

vlug nie, moeg van hardloop, oorlog, siek

en sat vir hierdie sigbare kleierige aarde

onsigbare bevelvoerders, trae opdraggewers

doodmoeg vir die slim hommeltuie wat

voorgee hul is sy alwetende beskermengele

maar hulle sweef deur die lug as gevalle

engele en het juis sy makkers laat sneuwel

 

bewus van sy posisie en dat daar geen

uitkoms is nie, dat hierdie voorval dalk

ʼn vrymagtige voorbeskikking gaan wees

loop hy nie meer vir die vale nie maar

kriskras hy in die uitgrawing tot hy by

die klein uitbreiding kom wat omdraai soos

ʼn ewige eierstok by die baarmoeder of ʼn omega

hy weet daar is geen omkeer moontlik nie, hy

weet dis ʼn blinde pad maar hy wil hier wees

dis sy bestemming, sy volkome vervulling

en nou voor hy op die klam grond gaan lê

 

voor hy in hierdie dooie vaal land val

gryp hy nog na die binnesak van sy uniform

 

en kyk na die hommeltuig, na die hemel, na

die wakende oog van die soldaat wat hom in

die vyandige skanse skuilhou, kyk hy na my

wat tuis voor die twitter sit, en dit is nie

ʼn vuurwapen wat hy onverwags uitpluk om met

die ding te skiet nie, dis ʼn verfrommelde foto wat

hy uit die bloute op sy helm plaas, reg langs

sy slaap sodat ons dit kan sien en dan eers gaan

hy in embrioïede houding lê om die verwagte

selverdeling te ondergaan, sy nageboorte te

beleef, ons maak maar almal ʼn geraamte groot

 

ek kan op my skerm nie sien wat dit is nie, ook

die operateur nie, hy zoom in op die plek maar

ons weet steeds nie wat die foto voorstel nie, ʼn vrou

of ʼn kind, elkeen besluit vir homself, miskien

ʼn gewyde ikoon wat te pas sou kom by

ʼn skietgebed, die operateur aarsel om nou die bom

of granaat van onder die hommeltuig te los, dalk

het hy reeds die knoppie gedruk terwyl die kamera

se beeld stadig voor my oë uitdoof… trippe…

trap patrone, kanontjies en atome, matrosies

in die hawe, soldaatjies in loopgrawe…

 

© Jerzy Koch, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d