Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 October 202317 October 2023

Nuwe Publikasie. Henning Pieterse: Reinaard die vos

Reinaard die vos (berymde, vrye vertaling van Van den vos Reynaerde)

VERTALER: Henning Pieterse

Omslag

Van den vos Reynaerde word allerweë beskou as een van die hoogtepunte van Middeleeuse, spesifiek Middelnederlandse, letterkunde. Die teks is teen ongeveer 1250 deur ene “Willem” geskryf. Reinaard is ’n diere-epos waarin op satiriese, parodiërende wyse die spot gedryf word met die hoofse samelewing sowel as met gewone dorpenaars en antropomorfiese dierefigure.

In Afrikaans het Reinaard sy invloed in die jakkals-en-wolfstories.

In sy inleiding tot hierdie vertaling wys Heinrich Ohlhoff daarop dat Middeleeuse letterkunde nie slegs waardevolle bronne is om die oorsprong van baie hedendaagse instellings (byvoorbeeld die regstelsel) te verhelder nie, maar dat dit bloot gelees kan word omdat dit genotvol is: “Die genot spruit dikwels juis uit die boeiende andersheid, die vreemdheid van wat uitgebeeld word − pratende diere en swaardgevegte, monsters en mirakels, vreemde maatskaplike strukture en toewyding aan ridder- en ander kodes.”

Reinaard kan ook direk van toepassing gemaak word op die hedendaagse Suid-Afrikaanse samelewing:

“Die verhaal van die sluwe, psigopatiese tweegatjakkals hoef ek jou nie te vertel nie. Skynbaar moeiteloos gee Pieterse lewe aan die diere met hul streke en giere en laat hy die opperbedrieër met sy slinksheid en schadenfreude praat en sing soos ’n kanarie. Die verhaal is aards en tydloos, die taal lewendig en lyflik en die boodskap meer relevant as ooit. ’n Mens kan nie anders nie as om aan Zuma te dink as jy lees van die geslepe vent se strategieë om ’n hofverskyning te

systap.” – Deborah Steinmair

 

OOR DIE OUTEUR

H.J. (Henning) Pieterse (gebore 1960) studeer tale en musiek aan die Universiteit van Pretoria en UNISA. Hy behaal die grade BA, BA(Hons) en MA al drie cum laude en die graad DLitt et Phil in Afrikaanse taalkunde (1995). In 1989 verskyn sy digdebuut, Alruin, wat bekroon word met die Eugène Maraisprys (1990) en die Ingrid Jonkerprys (1991). In dieselfde jaar is hy redakteur van John Boje se ’n Keur uit die Pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer wat bekroon word met die Akademieprys vir Vertaling (1990). In 1998 publiseer hy ’n bundel kortverhale, Omdat ons alles is, en in 2000 ’n tweede digbundel, Die burg van hertog Bloubaard, wat bekroon word met die Hertzogprys in 2002. Hy ontvang ook ’n ATKV-Toekenning in 2002. Sy vertaling van Rilke se Duineser Elegien uit Duits na Afrikaans is gepubliseer in 2007 en word in 2008 bekroon met die Nedbank-Akademieprys vir Vertaalde Werk. In 2018 verskyn sy vertaling van ’n keur uit die poësie van die Franse digter Michel Houellebecq, Tussen die abjekte en die eteriese. ’n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq. Pieterse was ’n professor en Direkteur van die Eenheid vir Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria, en is tans ’n professor in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat.

 

[Protea Boekhuis 2023. GENRE: Epos. Berymde vertaling . PRYS: R250.00 (BTW ingesluit). ISBN (gedrukte boek): 978-1-4853-1430-1. FORMAAT: 213 x 137 mm. HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband. AANTAL BLADSYE: 220]

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Publikasie. Chris Vorster: Marius Weyers
Joan Hambidge. Myne of dyne? →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing
  • Anzé Bezuidenhout. Jy is klip
  • Betani Wiese. Invers
  • Digtersprofiel: Driekie Grobler
  • Marthé McLoud. Loutering

Nuutste kommentaar

  1. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Jy is klip9 October 2026

    Baie dankie Versindaba, ek waardeer die blootstelling en plasing

  2. Clarence Botha on Joan Hambidge en Dietloff van der Berg in gesprek oor “Apofatiese lens”9 October 2026

    Baie insiggewende en leersame gesprek wat ek waardeer het.

  3. Amanda Ahave De Meillon on Anzé Bezuidenhout. Grense van die wentelbaan8 October 2026

    Ek voel jou woorde in my hart. Soos net jy kan!

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. granaat-gebed in die Karoo8 October 2026

    Hierdie gedig beskryf n rou erkentenis van menslike swakheid en totale afhanklikheid. Puik gedoen Pierce!

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Baie dankie vir wat jy vir ons letterkunde doen en beteken Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d